XVIIe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Somerspele 2024 (Frans: Jeux paralympiques d'été de 2024) is van 28 Augustus tot 8 September 2024 in Parys, Frankryk, aangebied.[1] Tydens die geleentheid het 4 400 atlete uit 170 nasies aan 549 items in 22 verskillende sportsoorte deelgeneem.[2] Die spanne van Eritrea, Kiribati en Kosovo het vir die eerste keer aan Paralimpiese Spele deelgeneem.[3]
Dit was die 17de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele en die eerste keer wat Parys die spele georganiseer het. Verder was dit ná die Paralimpiese Winterspele 1992 in Tignes-Albertville die tweede Paralimpiese Spele in Frankryk.
Die opening- en sluitingseremonies het in Parys plaasgevind. Vir die eerste keer in die Paralimpiese geskiedenis het die openingseremonie egter nie in 'n stadion plaasgevind nie, die deelnemende lande se atlete het pleks daarvan op die Avenue des Champs-Élysées in Parys geloop, met die beginpunt by die Arc de Triomphe en die eindpunt by die Place de la Concorde.[4] Soos gebruiklik is die lande in alfabetiese volgorde georden met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Mpumelelo Mhlongo (atletiek) en Kat Swanepoel (swem) het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[5]
Die Olimpiese Somerspele 2024 is tussen 2 en 18 Augustus in Parys gehou.
As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2024 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2024.[6] Parys is op 13 September 2017 in Lima deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2024. Die Olimpiese Somerspele 2024 en 2028 is tegelyk toegeken, eersgenoemde aan Parys, Frankryk, en laasgenoemde aan Los Angeles, Verenigde State.[7]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2024 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Stemme | ||||
Parys | Frankryk | Verkies as 2024-gasheer | ||||
Los Angeles | Verenigde State | Verkies as 2028-gasheer | ||||
Hamburg | Duitsland | onttrek | ||||
Rome | Italië | |||||
Boedapest | Hongarye |
In 2019 is die program van die Paralimpiese Somerspele 2024 aangekondig met geen veranderinge in die sportsoorte teenoor die Paralimpiese Somerspele 2020 in Tokio nie.
22 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 549 medaljes oorhandig.
Al die Paralimpiese gebeure het in en rondom Parys plaasgevind, insluitende die voorstede Saint-Denis en Versailles, asook Vaires-sur-Marne wat net buite die stad is.[8]
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Stade de France | Sluitingsseremonie | 77 083 | Klaar |
Atletiek (baan en veld) | |||
Paris La Défense Arena | Swem | 15 220 | |
Porte de La Chapelle Arena | Pluimbal | 6 700 | Bykomend |
Bankdruk | 7 000 | ||
Clichy-sous-Bois | Fietsry (Pad) | Tydelik | |
Noord-Parys-Arena | Sitvlugbal | 6 000 | Klaar |
Parc Georges Valbon – La Courneuve | Paramaraton (wegspring) | Tydelik |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Bercy Arena | Rolstoelbasketbal | 15 000 | Klaar |
Grand Palais éphémère | Judo | 8 356 | |
Rolstoelrugby | |||
Eiffeltoringstadion (Champ de Mars) | 5-per-kant sokker | 12 860 | Tydelik |
Les Invalides | Boogskiet, Paramaraton (doellyn) | 8 000 | |
Grand Palais | Taekwondo | 6 500 | Klaar |
Rolstoelskerm | |||
Pont Alexandre III | Paradriekamp | 1 000 | Tydelik |
Stade Roland Garros | Rolstoeltennis | 12 000 | Klaar |
Suid-Parys-Arena | Boccia | 9 000 | |
Tafeltennis | 6 650 | ||
Doelbal | 7 300 |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Tuine van die Paleis van Versailles | Ruitersport (Dressuur) | 80 000 (22 000 + 58 000) |
Tydelik |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Nasionale Olimpiese Nautiese Stadion op die Île-de-France (Vaires-sur-Marne) | Parakanovaart | 12 000 | Klaar |
Roei | 14 000 | ||
Vélodrome de Saint-Quentin-en-Yvelines | Fietsry (Baan) | 5 000 | |
Centre National de Tir Sportif (Châteauroux) | Skyfskiet | 3 000 |
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Augustus/September | 28 Wo |
29 Do |
30 Vr |
31 Sa |
1 So |
2 Ma |
3 Di |
4 Wo |
5 Do |
6 Vr |
7 Sa |
8 So |
Items | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | ||||||||||||
5-per-kant sokker | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||||
Atletiek | 14 | 18 | 19 | 13 | 24 | 15 | 19 | 16 | 22 | 4 | 164 | |||
Bankdruk | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 20 | ||||||||
Boccia | ● | ● | ● | 2 | 6 | ● | ● | 3 | 11 | |||||
Boogskiet | ● | ● | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 9 | |||||
Doelbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | |||||
Fietsry | Baan | 4 | 5 | 4 | 4 | 17 | ||||||||
Pad | 19 | 6 | 4 | 5 | 34 | |||||||||
Judo | 5 | 5 | 6 | 16 | ||||||||||
Paradriekamp | 11 | 11 | ||||||||||||
Parakanovaart | ● | 5 | 5 | 10 | ||||||||||
Roei | ● | ● | 5 | 5 | ||||||||||
Rolstoelbasketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||
Rolstoelpluimbal | ● | ● | ● | 2 | 14 | 16 | ||||||||
Rolstoelrugby | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||||
Rolstoelskerm | 4 | 4 | 2 | 4 | 2 | 16 | ||||||||
Rolstoeltennis | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 2 | 2 | 1 | 6 | ||||
Ruitersport | 3 | 2 | 1 | 5 | 11 | |||||||||
Sitvlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||
Skyfskiet | 3 | 2 | 2 | 1 | 2 | 2 | 1 | 13 | ||||||
Swem | 15 | 14 | 15 | 14 | 13 | 15 | 12 | 13 | 15 | 15 | 141 | |||
Taekwondo | 3 | 4 | 3 | 10 | ||||||||||
Tafeltennis | ● | 2 | 5 | 3 | ● | 1 | 3 | 5 | 5 | 7 | 31 | |||
Totaal | 0 | 22 | 42 | 49 | 53 | 61 | 50 | 63 | 63 | 57 | 75 | 14 | 549 | |
Kumulatief | 0 | 22 | 64 | 113 | 166 | 227 | 277 | 340 | 403 | 460 | 535 | 549 | ||
Augustus/September | 28 Wo |
29 Do |
30 Vr |
31 Sa |
1 So |
2 Ma |
3 Di |
4 Wo |
5 Do |
6 Vr |
7 Sa |
8 So |
Items |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
Tydens die vorige Paralimpiese Spele het Suid-Afrika sewe medaljes (vier goud, een silwer en twee brons) ingepalm en in die 34ste plek geëindig.
Suid-Afrika het 32 atlete na die Spele gestuur. Hulle eindig in die algehele 45ste plek met ses medaljes. Hiervan is twee goud-, geen silwer en vier bronsmedaljes.[9]
Hier is die top tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Volksrepubliek China (CHN) | 284 | 94 | 76 | 50 | 220 |
2 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 201 | 49 | 44 | 31 | 124 |
3 | Verenigde State (USA) | 220 | 36 | 42 | 27 | 105 |
4 | Nederland (NED) | 84 | 27 | 17 | 12 | 56 |
5 | NPA (Belarussiese en Russiese atlete) | 98 | 26 | 22 | 23 | 71 |
6 | Brasilië (BRA) | 256 | 25 | 26 | 38 | 89 |
7 | Italië (ITA) | 141 | 24 | 15 | 32 | 71 |
8 | Oekraïne (UKR) | 74 | 22 | 28 | 32 | 82 |
9 | Frankryk (FRA) | 239 | 19 | 28 | 28 | 75 |
10 | Australië (AUS) | 159 | 18 | 17 | 28 | 63 |
46 | Suid-Afrika (RSA) | 32 | 2 | 0 | 4 | 6 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Paralimpiese Somerspele 2024. |