Parenkiem is 'n term uit die soölogie waarmee die funksionele dele van 'n orgaan aangedui word, in teenstelling tot die dele wat vir die struktuur sorg, met name steun- of bindweefsel. Dit ontwikkel uit die embrionale mesoderm.
In 'n kankergewas word met parenkiem die mutante woekerselle bedoel, in teenstelling tot die stroma, die omringende steunweefsel van die gewas.
Voorbeelde:
Orgaan | Parenkiem |
---|---|
Nier | Nefron |
Longe | Alveoli, brongi |
Brein | Neuron |
Lewer | Hepatosietweefsel |