Parmesaan | ||
![]() | ||
Ander name | Parmigiano-Reggiano | |
Oorsprong | ![]() | |
Melkbron | Koeie | |
Eienskappe | ||
Gepasteuriseer | Nee | |
Tekstuur | Hard | |
Vorm | Wiele | |
Veroudering | Minstens 12 maande Vecchio: 18-24 maande Stravecchio: 24-36 maande | |
Voedingswaarde (per 100 g) | ||
Vetinhoud | 25,83 g | |
Proteïen | 35,75 g | |
Koolhidrate | 3,22 g | |
Vitamiene | A, B1 B2, B3, B6, B12, C, D, E, K | |
Energie | 1 640 kJ |
Permesaan is ’n harde, korrelrige kaas wat sy oorsprong in Italië het. Dit word ook parmesaanse kaas genoem. Die naam word dikwels vir soortgelyke kase gebruik, hoewel dit onwettig is in lidlande van die Europese Ekonomiese Gebied.[1]
Die naam Parmigiano-Reggiano (IFA: /ˌparmiˈdʒaːno redˈdʒaːno/) is afgelei van die streke waarin die kaas tradisioneel gemaak word en mag net na kaas uit dié streke verwys. Buite die Europese Unie mag die naam "parmesaan" wettig gebruik word vir soortgelyke kase, maar nie "Parmigiano-Reggiano" nie.
Dit is al die "koning van kase" genoem.[2]
Parmesaan word gewoonlik oor pastageregte gerasper, by soppe en risotto ingeroer en op sy eie geëet. Dit word ook oor slaai gerasper, of skaafsels van die kaas word gebruik.
Stukkies van die hardste dele van die kors word soms in sop geprut. Dit kan ook gerooster en as ’n versnapering geëet word.
Parmesaan bevat baie aroma-aktiewe verbindings.[3] Bottersuur en 3-metielbutaansuur word soms saam gebruik om die oorheersende aromas na te boots.[4]
Parmesaan bevat ook baie glutamiensuur, tot 1,2 g per 100 g kaas. Dit maak dit naas Roquefort die natuurlik vervaardigde kossoort met die hoogste inhoud glutamiensuur. Die hoë konsentrasie daarvan verduidelik die sterk umami-smaak van parmesaan.
... that it has earned the nickname in the dairy industry, 'The King of Cheeses.'