Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Partimage | |
Partimage 0.6.7 op Ubuntu
| |
Skrywer | Francois Dupoux en Franck Ladurelle |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | 11 September 2001 |
Nuutste weergawe | 0.6.9/ 25 Julie 2010 |
Bedryfstelsel | Linux, kruisplatform (Live CD) |
Kategorie | Web application framework |
Lisensie | GNU GPL |
Webblad | partimage.org |
Partimage is 'n nutsprogram vir Linux/Unix-stelsels om hardeskywe te kloon. Partimage kan partisies as 'n lêer op 'n skyf stoor in verskeie formate. Nutsprogramme soos Partimage is nuttig in baie situasies wat netwerk-administrateurs, asook ander rekenaargebruikers wat hul eie stelsels onderhou, dikwels teëkom.
Sommige algemene gebruike vir Partimage is as volg:[1]
Vir Windows gebruikers het Partimage ook eksperimentele ondersteuning vir die NTFS-lêerstelsel deur van NTFS-3G gebruik te maak. Partimage ondersteun die meeste Linux-lêerstelsels en kan aangetref word in die meeste Linux-verspreidings, insluitende Debian[2] en die sogenaamde LiveDistros PING,[3] Knoppix[4] en SystemRescueCD.[5]
Ander noemenswaardige kenmerke sluit in datakompressie van skyflêers, ondersteuning vir die rugsteuning/herstel vanaf 'n netwerk lêerbediener en dataversluiering.