Wêreldwyd leef sowat 50 miljoen Pasjtoene, waarvan sowat 31 miljoen in Afghanistan (42% van die bevolking) en omtrent 14 miljoen in Pakistan (15%). Hulle is veral aanhangers van die Soennitiese Islam en leef in die sentrale grensgebied tussen albei lande. Die stede Kandahar, Pesjawar en Quetta word as belangrikste kulturele sentrums van die Pasjtoene beskou. Die Pasjtoene beskik oor hul eie etiese kodeks, die "Pasjtoenwali", 'n tradisionele etiekreeks wat die individuele en gemeenskaplike optrede begelei.
Die stamgebied van die Pasjtoene, Pakhtunkhwa of Pasjtoenistan, word sedert 1893 deur die Durandlyn van mekaar geskei. Hierdie grenslyn is tussen die destydse Brits-Indië en die Emiraat van Afghanistan vasgelê en vorm nou die grens tussen beide Afghanistan en Pakistan.[20] Pasjtoenistan grens in die ooste aan Pandjab, in die weste en noorde aan Persies- en Turkstalige gebiede, in die noordooste aan Kasjmir en in die suide aan Beloetsjistan.
↑(en) "Afghan and Afghanistan". Abdul Hai Habibi. alamahabibi.com. 1969. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2019. Besoek op 24 Oktober 2010.
↑(en) "Afghan". Ch. M. Kieffer. Encyclopædia Iranica se aanlynuitgawe. 15 Desember 1983. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 24 September 2018.
↑(en) Muhammad Qasim Hindu Shah (Firishta). "History of the Mohamedan Power in India". Persian Literature in Translation. Packard Humanities Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2009. Besoek op 10 Januarie 2007.
↑(en) James William Spain (1963). The Pathan Borderland. Mouton. p. 40. Besoek op 1 Januarie 2012.
↑(en) Pathan. World English Dictionary. Besoek op 1 Januarie 2012.
↑(en) "Ethnic map of Afghanistan"(PDF). Thomas Gouttierre, Center For Afghanistan Studies, University of Nebraska at Omaha; Matthew S. Baker, Stratfor. National Geographic Society. 2003. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2017. Besoek op 24 Oktober 2010.
↑(en) "Country Profile: Afghanistan"(PDF). Library of Congress Country Studies. Augustus 2008. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2015. Besoek op 11 Februarie 2011.