Dronkbessie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malvales |
Familie: | Thymelaeaceae |
Genus: | Passerina |
Spesie: | P. ericoides
|
Binomiale naam | |
Passerina ericoides L., (1767)
| |
Sinonieme | |
Die dronkbessie (Passerina ericoides) is 'n struik wat endemies aan Suid-Afrika is. Die spesie kom in die Wes-Kaap vanaf die Vredenburg-skiereiland tot by die Kaapse Skiereiland en ooswaarts tot by die Agulhasvlakte voor. Die plant is deel van die fynbos-bioom en het 'n voorkomsgebied van 14 164 km². Dit het reeds van sy habitat afgestaan aan indringerplante en ontwikkeling aan die kus.