Patricio Manuel | |
![]() | |
Statistiek | |
---|---|
Geboortenaam | Patricia Manuel[1] |
Bynaam(e) | Cacahuate |
Gewigklas | Superveergewig |
Geboorte | 22 Julie 1985 Santa Monica, Kalifornië, VSA |
Boksrekord | |
Totale gevegte | 1 |
Oorwinnings | 1 |
Patricio Manuel (as Patricia Manuel gebore op 22 Julie 1985) is 'n Amerikaanse professionele bokser. In 2018 het hy die eerste openlik transgender man in die geskiedenis van die VSA geword wat aan 'n professionele boksgeveg deelneem.[2][3]
Manuel was vyf keer die Amerikaanse vroulike amateurbokskampioen. Hy het in 2012 die laaste keer as 'n vrou in die kryt geklim, teen Tiara Brown. Teen die tyd van sy volgende geveg, in 2018 teen Hugo Aguilar, het hy 'n gendertransisie ondergaan.[4] Hy het die geveg met 'n eenparige beslissing gewen.
Manuel het op 8 Desember 2018 sy professionele debuut as 'n manlike bokser gemaak, in 'n Golden Boy Promotions-geveg in Indio, Kalifornië. Hy het die geveg van vier rondes teen Hugo Aguilar met 'n eenparige besluit gewen; al drie skeidsregters het 'n puntetelling van 39-37 gegee.[5] Aguilar het eers twee dae voor die geveg uitgevind van Manuel se transisie. Hy het gesê; "Dis vir my baie prysenswaardig ... Dit verander vir my niks. In die kryt wil hy wen en ek wil ook wen."[6]
In September 2019 het Manuel die nuwe gesig van Everlast-boksuitrusting geword.[7]
Hy het as 'n man geïdentifiseer nadat hy vyf keer die nasionale amateurvrouekampioen was en aan die Olimpiese vroue-uitdunne vir die Olimpiese Somerspele van 2012 deelgeneem het. Hy is toe uitgeskakel omdat hy noodgedwonge moes onttrek weens 'n skouerbesering. Hy het in 2013 met sy transisie begin met behulp van hormoonterapie en het in 2014 chirurgie aan sy bolyf ondergaan.[8]