'n Peptied is 'n molekuul wat bestaan uit 'n klein aantal aminosure wat met mekaar verbind is deur peptiedbinding. 'n Peptied word onderskei van 'n proteïen deur die klein aantal aminosure in die molekule, maar kan ook dien as boustene vir 'n proteïen.
Die term peptied word ook dikwels gebruik vir 'n verbinding wat uit meerdere peptiede bestaan, maar dit is dan nie meer 'n verwysing na die grootte van die molekule nie.
Daar bestaan geen vaste definisie ten opsigte peptiede wat mindere of meerdere aminosure bevat nie. So kan 'n groot oligopeptied soms as proteïen beskou word, terwyl 'n klein polipeptied soms nie tot proteïene gereken word nie.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |