Persblaartolbos

Persblaartolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. pubibracteolatum
Binomiale naam
Leucadendron pubibracteolatum
I.Williams, (1972)

Die Persblaartolbos (Leucadendron pubibracteolatum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en Oos-Kaap waar dit voorkom in die Outeniekwaberge, Kougaberge en Baviaanskloofberge vanaf George tot by Joubertina, Scholtzberg, Swartberg en die Kammanassieberge.

Die struik word 1,3 m hoog en blom van Julie tot Augustus. Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na twee maande uit die tol grond toe waar dit deur knaagdiere versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein kewers bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in klipperige, sanderige grond op 300 - 1 000 m.

In Engels staan dit as die Purple-leaf Conebush bekend.

Galery

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]