'n Persoonlike voornaamwoord is 'n voornaamwoord wat die plek van 'n selfstandige naamwoord, spesifiek in die plek van 'n naam, 'n persoon of persone gebruik word.
Name word nie opeenvolgend herhaal nie, opeenvolgende name word eerder met 'n persoonlike voornaamwoord soos hy, sy, u, hom of haar vervang. Dit sou, as voorbeeld, verkeerd wees om te sê: "Frank vra of Frank maar 'n lekkertjie kan kry, want Frank was soet." Hier sal mens eerder persoonlike voornaamwoorde inspan: "''Frank vra of hy maar 'n lekkertjie kan kry, want hy was soet." Die persoonlike voornaamwoord, hy verwys dus hier terug na die persoon of naam, Frank.
Persoonlike voornaamwoorde kan as volg ingedeel word:
Enkelvoud | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
1. persoon | 2. persoon vertroulik | 2. persoon beleef | 3. persoon manlik | 3. persoon vroulik | 3. persoon onsydig | |
Onderwerpsvorm | ek | jy | u | hy | sy | dit |
Voorwerpsvorm | my | jou | u | hom | haar | dit |
Meervoud | ||||||
1. persoon | 2. persoon vertroulik | 2. persoon beleef | 3. persoon | |||
Onderwerpsvorm | ons | julle | u | hulle | ||
Voorwerpsvorm | ons | julle | u | hulle |
In die plek van 'n persoon of persone:
In die plek van 'n dier of diere:
Om objektiwiteit te behou moet persoonlike voornaamwoorde liefs in formele skrywes vermy word. Skryf byvoorbeeld eerder "Daar is aandag gegee aan..." eerder as "Ons het aandag gegee aan...".
Wanneer daar van God gepraat word, is daar ‘n verskil tussen die persoonlike en besitlike voornaamwoord. Die persoonlike voornaamwoord word, anders as die besitlike vnw., met 'n hoofletter gespel. As voorbeeld:
Sien persoonlike voornaamwoord in Wiktionary, die vrye woordeboek. |