Peter H. Gilmore

Beweerde vlag van satanisme.

Religieuse en
LaVeyaanse satanisme

Organisasies wat met satanisme verbind word
Kerk van Satan
Eerste Satanistiese Kerk

Bekende figure
Anton LaVey | Blanche Barton | Peter H. Gilmore | Peggy Nadramia | Karla LaVey

Verwante konsepte
Die Pad van die Linkerhand | Pentagonale Revisionisme | Suitheisme | Oorlewing van die Sterkste | Objektivisme | Might Is Right

Boeke en publikasies
The Satanic Bible | The Satanic Rituals | The Satanic Witch | The Devil's Notebook | Satan Speaks! | The Black Flame | The Church of Satan | The Secret Life of a Satanist | The Satanic Scriptures

Peter H. Gilmore (24 Mei 1958) is in 2001 deur Magistra Blanche Barton as Hoëpriester van die Kerk van Satan benoem. Sy amptelike titel in die Kerk is Magus Peter H. Gilmore, Hoëpriester van die Kerk van Satan.

Peter H. Gilmore in Oktober 2007

As 'n verteenwoordiger van die Kerk van Satan het hy al verskeie kere onderhoude oor die onderwerp van Satanisme op televisie en radio gehad, onder meer op die TV-kanale The History Channel, BBC en The Sci-Fi Channel, asook in Bob Larson se Christelike radioprogram.

In 1989 het Gilmore en sy eggenote Peggy Nadramia daarmee begin om The Black Flame, 'n Sataniese joernaal, uit te gee. Nuwe uitgawes verskyn nog steeds sporadies. In 2005 het Gilmore 'n nuwe inleiding vir Anton LaVey se Sataniese Bybel (The Satanic Bible) geskryf, en sy essay oor Satanisme het in die Encyclopedia of Religion and Nature verskyn. Op Walpurgisnacht 2007 is 'n hardeband-uitgawe van The Satanic Scriptures vrygestel, 'n nuwe boek met 'n versameling van essays en skrifte. 'n Sagteband-uitgawe sal in Oktober 2007 in die Verenigde State vrygestel word. Die werk bevat rituele soos Sataniese huwelike en begrafnisse wat vroeër nie-openbaar was en vir die eerste keer gepubliseer word.

Peter H. Gilmore is 'n musikant van beroep en tans volgens sy eie bewering werksaam as museumkurator.

Voorafgegaan deur
Anton LaVey, daarna vakant
Hoëpriester van die Kerk van Satan
2001-huidige
Opgevolg deur
--

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Sommige van Peter H. Gilmore se essays oor Satanisme en kultuur is beskikbaar op die amptelike webwerf van die Kerk van Satan.

Onderhoude met Peter H. Gilmore

[wysig | wysig bron]