Peter Teixeira | |
Teixeira in 2021 | |
Uitvoerende burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 15 November 2021 | |
Voorafgegaan deur | Bongani Baloyi |
---|---|
Persoonlike besonderhede
| |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Peter Teixeira is 'n Suid-Afrikaanse politikus en die huidige uitvoerende burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit.
Teixeira het in Meyerton grootgeword.[1]
Teixeira het in 2014 by die Demokratiese Alliansie aangesluit. Tydens sy termyn as 'n wyksraadslid, het hy drie portefeuljes in die burgemeesterskomitee beklee en is hy as die DA se kiesafdelingleier in Midvaal aangewys.[2] Nadat burgemeester Bongani Baloyi sy uittrede uit die politiek aangekondig het, het die DA vir Teixeira as hul burgemeesterskandidaat vir Midvaal vir die plaaslike verkiesing op 1 November 2021 aangewys.[3] Die DA het met 'n vergrote meerderheid gewen.[4] Teixeira is op 15 November 2021 as die nuwe uitvoerende burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit verkies.[5]