Pfalz D.III | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Pfalz |
Nooiensvlug | April 1917 |
Bekendstelling | 1917 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Luftstreitkräfte |
Aantal gebou | 600 |
Die Pfalz D.III was 'n Duitse dubbeldekker vegvliegtuig wat eers in 1917 tydens die Tweede Wêreldoorlog in diens gestel was. Die ontwerp is beïnvloed deur die LFG-Roland vegvliegtuie wat Pfalz gebou het. Die D.III was 'n rats, beweeglike vliegtuig en maklik om te vlieg.
Aanvanklik was slegs die Beierse eenhede voorsien van die vliegtuig; hoofsaaklik omrede die Pfalz fabriek deur die Beierse Regering beheer was. Die Pfalz D.XII was ontwikkel uit die D.III en is in 1918 in massas begin produseer. Een van die verbeteringe was dat die verkoeler geskuif is van die boonste vlerk tot by die motor. Dit het verhoed dat vlieëniers brandwonde opdoen indien die verkoeler beskadig word in luggevegte. Die Pfalz D.XII was ook effens vinniger as die Pfalz D.III.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Mercedes D.IIIa inlyn suiermotor |
Kraglewering per motor | 180 perdekrag |
Vlerkspan | 9,4 m |
Lengte | 6,95 m |
Hoogte | 2,67 m |
Vlerkoppervlakte | 22,1 m2 |
Normale opstygmassa | 935 kg |
Maksimum snelheid | 165 km/h |
Operasionele hoogte | 5 180 m |
Togafstand | 2 uur en 30 minute |
Klimvermoë | 250 m per minuut |
Bewapening | Twee vaste 7,92 mm masjiengewere |