Phibsoo-natuurlewereservaat | ||
Land | Bhoetan | |
Distrikte | Dagana Sarpang | |
Hoogste punt | 1 600 m | |
Laagste punt | 200 m | |
Oppervlakte | 268,93 km2 | |
Diere | Axishert Gangesrivierdolfyn | |
Plante | Salboom (Shorea robusta) | |
Webtuiste | Bhutan-trustfonds |
Die Phibsoo-natuurlewereservaat is die tweede kleinste beskermde gebied in Bhoetan. Dit beslaan 268,93 km2 in die distrikte Dagana en Sarpang aan die grens met Wes-Bengale. Sy hoogte wissel tussen 200 en 1 600 m. Dit is deur ’n "biologiese korridor" wat ’n nasionale snelweg kruis verbind aan die Nasionale Park Jigme Singye Wangchuck en die Koninklike Nasionale Park Manas.
Phibsoo is uniek in Bhoetan vanweë sy axisherte, ’n takbok met kolle, en woude met salbome (Shorea robusta). Nes in die Manas-park word olifante, Bengaalse tiere, gaurs en Gangesrivierdolfyne in Phibsoo aangetref. Dit het geen menslike inwoners nie.[1][2]