Philo T. Farnsworth | |
---|---|
![]() | |
Gebore | |
Sterf | 11 Maart 1971 (op 64) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep | Werknemer van Philco, Farnsworth Television and Radio Corporation, en International Telephone and Telegraph |
Bekend vir | Uitvinder van die eerste ten volle elektroniese televisie; meer as 165 V.S.A. en buitelandse patente |
Eggenoot | Elma "Pem" Gardner |
Ouer(s) | Lewis Edwin Farnsworth, Serena Amanda Bastian |
Webwerf | philotfarnsworth.com |
Philo Taylor Farnsworth (19 Augustus 1906 – 11 Maart 1971) was 'n Amerikaanse uitvinder en televisie-pionier.[2] Hy het etlike deurslaggewende bydraes tot die vroeë ontwikkeling van televisie gelewer.[3] Hy is miskien beste bekend vir sy uitvinding van die eerste ten volle funksionele, en volkome elektroniese beeldopvangstoestel ('n videokamerabuis, wat toe 'n "beeldontleder" genoem is), benewens die eerste ten volle funksionele en volledige, en volkome elektroniese televisiestelsel. Hy was ook die eerste persoon om so 'n stelsel aan die publiek te demonstreer.[4][5] Farnsworth het 'n televisiestelsel ontwikkel, volledig met ontvanger en kamera, wat hy van 1938 tot 1951 kommersieel vervaardig het in die firma Farnsworth Television and Radio Corporation.[6][7]
Later in sy lewe het Farnsworth 'n klein kernversmelting-toestel uitgevind, die sogenaamde "Farnsworth–Hirsch fusor", of bloot die "fusor", wat naamlik ione verhit met behulp van elektrostatiese traagheidsinsluiting, tot by toestande wat geskik is vir kernversmelting. Alhoewel nie 'n praktiese werktuig vir opwekking van kernenergie nie, is die versmelter 'n werkbare bron van neutrone.[8] Die ontwerp van hierdie toestel was al die erkende inspirasie vir ander versmeltingsbenaderings, insluitend algemene benaderings tot versmeltingontwerp soos die Polywell-reaktorkonsep.[9] Farnsworth was die houer van 165 patente, hoofsaaklik in radio- en televisietegnologië.