Domplein van Pisa* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die doopvont in die voorgrond, die Duomo in die middel, en die kloktoring (Campanile) in die agtergrond regs | |
Tipe | kultuur |
Kriteria | i, ii, iv, vi |
Verwysings | {{{ID}}} |
Streek† | Europa en Noord-Amerika |
Koördinate | 43°43′23″N 10°23′41″E / 43.72306°N 10.39472°O |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1987 (11de Sessie) |
Uitbreidings | 2007 |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Piazza dei Miracoli (Afrikaans: Plein van wonderwerke), formeel bekend as die Piazza de Duomo (Domplein), is 'n groot ommuurde gebied in die sentrum van die Toskaanse stad Pisa. Dit is bekend as een van die belangrikste sentra van middeleeuse kuns in die wêreld en as een van die mooiste argitektoniese komplekse in die wêreld.[1] Dit is deels bestraat en deels begras en word oorheers deur vier religieuse geboue: die Katedraal van Pisa, die Toring van Pisa (die Campanile van die katedraal), die doopvont (baptisterium) van Pisa en die Camposanto.
Die naam Piazza dei Miracoli is afkomstig van die Italiaanse skrywer en digter Gabriele D'Annunzio wat in sy boek Forse che si forse che no (1910) die plein soos volg beskryf:
L’Ardea roteò nel cielo di Cristo, sul prato dei Miracoli. Die reier sirkel in Christus se hemel bo die weivelde van wondere. — Gabriele d'Annunzio
|
Die Domplein word dikwels foutiewelik Campo dei Miracoli (Veld van Wondere) genoem. Dié is egter 'n fiktiewe veld uit die boek Pinocchio, waar goue saad uit 'n geldboom groei.
Die oprigting van die plein is befonds uit skatte wat die Republiek van Pisa in 1063 van die Sarasene in Palermo gebuit het.
In 1987 is die plein met al sy geboue deur UNESCO tot 'n Wêrelderfenisgebied verklaar.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Piazza dei Miracoli (Pisa). |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |