Plataanboom | |
---|---|
Blare en vrugte van 'n Londense plataanboom | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Platanaceae |
Genus: | Platanus L. |
Spesies | |
Sien hieronder |
Die Plataanboom of Platanus [1]) is 'n genus bestaande uit 'n klein aantal boomspesies wat inheems is aan die Noordelike Halfrond. Die boom is die enigste lewende lid van die familie Platanaceae.
Die volwasse bome bereik 'n hoogte van 30–50 m (98–164 ft). Almal behalwe Platanus kerrii is bladwisselend, en die meeste bome word gevind in ripariese of ander vleiland habitatte in die natuur, alhoewel die boom droogtebestand is in aankweking. Die hibriede Londense plataanboom (Platanus × acerifolia) is uitstekend aangepas vir stedelike omgewings, en is wyd aangeplant in Londen en elders in die Verenigde Koninkryk en Europa.
In Engels is die bome ook bekend as "planes" of "plane trees". 'n Naam wat voorheen in Engels gebruik is maar nou minder voorkom is plantain tree. Sommige Noord-Amerikaanse spesies staan bekend as sycamores (veral Platanus occidentalis),[2] alhoewel die term ook gebruik word vir verskeie onverwante boomspesies. Die genusnaam Platanus is afkomstig van die Oudgrieks πλάτανος, wat verwys na die Platanus orientalis.
Die volgende is erkende spesies van die plataanboom:
Botaniese naam | Algemene name | Verspreiding en taksonomiese aantekeninge | Blomkoppe | Sistematiek |
---|---|---|---|---|
Platanus × acerifolia (Aiton) Willd. | Londense plataanboom, hibriede plataanboom | Wêreldwyd, aangekweekte oorsprong;
hibried van P. occidentalis en P. orientalis |
1–6 | Subgenus Platanus;
interliniêre hibried of baster |
Platanus chiapensis Standl. IPNI | Chiapas-plataan | Meksiko (Chiapas);
deel van P. mexicana spesie-aggregaat, waarskynlik 'n junior sinoniem van P. lindeniana |
2–7 | Subgenus Platanus,
ANA klade |
Platanus gentryi Nixon & J.M.Poole IPNI | "Gentry's plane" | Mexiko (drielandpunt-gebied van Chihuahua, Sinaloa en Sonora);
deel van die P. racemosa spesies aggregaat |
? | Subgenus Platanus,
PNA-E klade |
Platanus kerrii Gagnep. | Kerr se plataan | Laos, Vietnam | 10–12 | Subgenus Castaneophyllum |
Platanus mexicana Moric. sensu lato | Meksikaanse plataan | Meksiko, Guatemala;
in 'n eng sin sinoniem met P. mexicana var. interior Nixon & Poole, beperk tot Guanajuato, Hidalgo, Querétaro en San Luis Potosí, en van hibriede oorsprong |
s.l.: 1–7
s.str: 1–3 |
Subgenus Platanus.
ANA klade |
Platanus lindeniana syn Platanus Occidentalis var LindenianaM.Martens & Galeotti IPNI | Meksiko (Chiapas, Hidalgo, Puebla, Oaxaca, Veracruz), Guatemala;
deel van P. mexicana spesies aggregaat, sinoniem met P. mexicana var. mexicana volgens Nixon & Poole |
(1–)2–5(–7) | Subgenus Platanus,
ANA klade | |
Platanus oaxacana Standl. | Oaxaca-plataan | Meksiko (Oaxaca); deel van die P. mexicana spesies aggregaat,
junior sinoniem van P. lindeniana of afsonderlike spesie |
2–4 | Subgenus Platanus,
ANA klade |
Platanus occidentalis L. | "American sycamore", Amerikaanse plataan, "buttonwood", "occidental plane", "water beech" | Kanada (Ontario), Verenigde State | 1–2 | Subgenus Platanus,
ANA klade |
Platanus palmeri (Kuntze) ined. | Meksiko (Coahuila) en Verenigde State (Texas) | 1–2 | Subgenus Platanus,
ANA klade | |
Platanus rzedowskii Nixon & J.M.Poole IPNI | Rzedowski se plataan, "Rzedowskii's sycamore" | Meksiko (Nuevo León, San Luis Potosí, Tamaulipas) | 1–2 | Subgenus Platanus,
ANA klade |
Platanus orientalis L. | Oosterse plataan | Eurasië | 3–6 | Subgenus Platanus
PNA-E klade |
Platanus racemosa Nutt. | "California sycamore", "western sycamore", "aliso" | Verenigde State (Kalifornië), Meksiko (Neder-Kalifornië) | 3–7 | Subgenus Platanus
PNA-E klade |
Platanus wrightii S.Watson | "Arizona sycamore" | Verenigde State (Arizona, Nieu-Meksiko), Meksiko (Sonora, Chihuahua);
deel van die P. racemosa spesies aggregaat |
2–4 | Subgenus Platanus
PNA-E klade |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Platanus. |