Platneus-sewekiefhaai | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Notorynchus Ayres, 1855
|
Spesie: | N. cepedianus
|
Binomiale naam | |
Notorynchus cepedianus (Péron, 1807)
| |
![]() | |
Verspreiding | |
Sinonieme | |
Heptranchias haswelli* Ogilby, 1897
* dubbelsinnige sinonieme |
Die Platneus-sewekiefhaai (Notorynchus cepedianus) is 'n haai wat voorkom in gematigde waters in al die oseane van die wêreld. In Suid-Afrika kom die haai voor vanaf Namibië tot by Oos-Londen. In Namibië staan die haai bekend as die Koeihaai terwyl dit in Engels bekend staan as die Spotted Sevengill Shark.
Die haai het sewe paar kieugleuwe aan weerskante van die kop. Daar is ses rye groot tande aan elke kant van die boonste- en onderkant van die kakebeen. Die kop en liggaam is silwer-grys tot vaal met swart spikkels op en die stert is lank. Die haai kan tot 3 m groot word en weeg 183 kg. Hulle kom voor tot op 'n diepte van 136 m. Die vel maak goeie leer.