Plautdietsch | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ||
Gebied: | ||
Totale sprekers: | 450,000 (2007) | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Nederduits Neder-Pruisies Plautdietsch | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Meksiko | |
Gereguleer deur: | ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | pdt
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Plautdietsch (uitgespreek [ˈplaʊt.ditʃ]) of Mennonitiese Nederduits is 'n Nederduitse dialek van Oos-Nedduits met Nederlandse invloed wat in die 16de en 17de eeue in die Vistula-deltagebied van Koninklike Pruise ontwikkel het. Die woord Plautdietsch vertaal na "plat (of laag) Duits" (verwys na die vlaktes van Noord-Duitsland of die eenvoud van die taal). In ander Nederduitse dialekte word die woord vir Nederduits gewoonlik gerealiseer as Plattdütsch/Plattdüütsch [ˈplatdyːtʃ] of Plattdüütsk [ˈplatdyːtsk], maar die spelling Plautdietsch word gebruik om spesifiek na die Vistula-variant van die taal te verwys.