"Poetin – choeilo!" (Oekraïens: Пу́тін — хуйло́; Russies: Пу́тин — хуйло́, wat vertaal kan word as "Poetin is 'n pielnek!")[1] is 'n Oekraïense en Russiese slagspreuk wat president Wladimir Poetin bespot. Dit het in Maart 2014, aan die begin van die oorlog tussen dié twee lande, in Oekraïne ontstaan uit 'n sokkerliedjie deur fanatici aanhangers van FC Metalist Kharkiv en Shaktar Donetsk. Die frase het wydverspreid geraak in Oekraïne onder voorstanders van Oekraïense onafhanklikheid en onder mense in albei lande wat teen Poetin en die Russiese inval van 2022 in Oekraïne is.
Die kern van die mat-vloekwoord is die Russiese woord хуй ("piel" in Russies, Oekraïens en Belarussies). Met die agtervoegsel "-lo" kan dit vertaal word as "pielnek", "fokker" of soortgelyke vloekwoorde. Die woord is dieselfde in die drie tale.
In Mei 2014 is in media berig die Russiese vloekwoord choei is tot die Urban Dictionary gevoeg as sinoniem vir Wladimir Poetin.[2][3][4]
'n Afkorting met 'n soortgelyke suggestiewe betekenis is ПТН ПНХ" (PTN PNCh), wat staan vir Путин, пошёл на хуй (Poetin, posjol na choei, "Poetin, fok weg.")[5]
Die frase Poetin – choeilo! het weer gewild geword tydens die Russiese inval van 2022 in Oekraïne.[6][7]