Polaris | ||||
![]() | ||||
Hierdie kunstenaarsvoorstelling wys twee klas F-sterre: die superreus Polaris A en sy metgesel Polaris B.[1] | ||||
Sterrebeeld | Klein Beer | |||
Bayer-naam | α Ursae Minoris | |||
Spektraaltipe | F7 Ib-II[2] / F0V[2] / F3V | |||
Soort | Veelvoudige ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 02h 31m 49,09s | |||
Deklinasie | +89º 15' 50,8" | |||
Skynmagnitude (m) | 1,985 / 8,5 / 8,21 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 6 | |||
Temperatuur (K) | 7 200 | |||
Afstand (ligjaar) | 434 | |||
Eienskappe | ||||
Veelvoudigheid | Veelvoudige Cepheïed-ster | |||
Ander name | ||||
Noordster, Loodsster, HR 424, BD+88°8, HD 8890, SAO 308, FK5 907, GC 2243, ADS 1477, CCDM 02319+8915, HIP 11767, Cynosura, Alruccabah, Phoenice, Navigatoria, Ster van Arkadië, Yilduz, Mismar | ||||
|
Polaris (ook onder meer Alpha Ursae Minoris of Poolster) is die helderste ster in die sterrebeeld Klein Beer (Ursa Minor). Dit is baie na aan die noordelike hemelpool en is dus die huidige noordpoolster.
Gebaseer op die meting van die Hipparcos-astrometrie-satelliet[3][4] is Polaris na raming sowat 434 ligjare van die Aarde af.[5] Dit is ’n veelvoudige ster en bestaan uit die hoofster, α UMi A, twee kleiner metgeselle, α UMi B en α UMi Ab, en twee verafgeleë metgeselle, α UMi C en α UMi D.
Die ster α UMi A is ’n F8-superreus (Ib) of helder reus (II) met ’n massa van 6 sonmassas.[2] Die twee kleiner metgeselle is: α UMi B, ’n F3-hoofreeksster van 1,39 sonmassas [6] wat op ’n afstand van 2 400 AE om hom wentel, en α UMi Ab (of P), ’n baie nabygeleë dwergster met ’n wentelbaanradius van 18,8 AE[7] en ’n massa van rofweg 1,5 sonmassas.[2]
Daar is ook twee verafgeleë metgeselle, α UMi C en α UMi D.[2]
Polaris B kan met ’n gemiddelde teleskoop gesien word. Dit is in 1780 deur William Herschel ontdek met een van die kragtigste teleskope van dié tyd. In 1929 is die spektrum van Polaris A bestudeer en ontdek dat dit nog ’n baie nabygeleë dwergmetgesel het wat voorheen net in die teorie bestaan het. In Januarie 2006 het Nasa foto's van die Hubble-ruimteteleskoop uitgereik wat al drie komponente van die Polaris-driesterstelsel wys.
Polaris is ’n klassieke populasie I-Cepheïed. Aangesien Cepheïede standaard-meetinstrumente is vir afstande in die ruimte, word Polaris (as die naaste ster van dié soort) baie deeglik bestudeer.
Omdat α UMi byna in ’n direkte lyn lê met die verlengde as van die Aarde bo die Noordpool – die noordelike hemelpool – staan Polaris feitlik onbeweeglik in die lug en lyk dit of al die sterre in die noordelike lugruim om hom draai. Dit is dus ’n uitstekende vaste punt om te gebruik in navigasie en astrometrie. Die beweging van Polaris na, en in die toekoms van, die hemelpool is vanweë die presessie van die Aarde.[8] Ná die 21ste eeu sal die hemelpool wegbeweeg van α UMi en teen omstreeks die 41ste eeu sal dit naby Gamma Cephei verbybeweeg.
Polaris is op die oomblik 0,7° van die hemelpool af en beweeg dus in ’n klein sirkel van 1½° in deursnee om die pool.
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Ursae Minoris". Die naam "Polaris"[9] is ’n verkorte vorm van die Latynse stella polaris, "poolster", wat in die Renaissance begin gebruik is toe die ster binne ’n paar grade van die Noordpool gekom het. In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[10] die naam "Polaris" vir die ster goedgekeur.[11]
Sy Arabiese naam was الجدي Al-Judeyy.[12][13] In dié tyd was dit nie so naby aan die Noordpool nie en het dit om die pool roteer.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |coauthors=
geïgnoreer (hulp)
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter: |dead-url=
(hulp)