Pollux (ook bekend as Beta Geminorum of β Gem) is ’n oranjekleurige, geëvolueerdereusester sowat 34 ligjare van die Son af in die noordelike sterrebeeldTweeling (Gemini). Dit is die helderste ster in die Tweeling en die naaste reusester aan die Son.
Die ster se spektrum dien sedert 1943 as een van die stabiele ankerpunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word.[11] In 2006 is bevestig die eksoplaneetPollux b, of β Geminorum b (later Thestias genoem), wentel om Pollux.[6]
Castor en Pollux is die "hemelse tweeling"-sterre wat aan die sterrebeeld Tweeling sy naam verleen. Die twee sterre se eienskappe is egter heel verskillend. Castor is ’n komplekse sesvoudige stelsel van warm, blouwit A-tipe sterre en dowwe rooidwerge, terwyl Pollux ’n koeler, geeloranje enkelreus is.
Die ster se massa is sowat twee keer dié van die Son[5] en sy radius sowat nege keer die Son s'n.[6] Dit was eers ’n A-tipe hoofreeksster,[18] maar het die waterstof in sy kern opgebruik en geëvolueer in ’n reusester met ’n sterreklassifikasie van K0 III.[1] Sy oppervlaktemperatuur is sowat 4 666 K,[6] wat daaraan sy oranje kleur gee wat tipies van K-tipe sterre is.[19] Sy rotasiespoed is 2,8 km·s-1.[9]
Die waarneming van swak X-strale dui op ’n klein magneetveld, die kleinste wat nog om ’n ster waargeneem is. Die vlak van X-strale is sowat 1027erg s-1, wat omtrent dieselfde as dié van die Son is. Die teenwoordigheid van dié veld dui aan Pollux was eens ’n Ap-ster met ’n baie sterker magneetveld.[18]
Wetenskaplikes vermoed sedert 1993 dat ’n eksoplaneet om Pollux wentel,[20] en dit is op 16 Junie 2006 bevestig. Pollux b se massa is na raming minstens 2,3 jupitermassas. Dit wentel om die ster met ’n periode van sowat 590 dae.[6]
Nadat die planeet om Pollux ontdek is, is dit Pollux b genoem. Nadat die publiek betrek is om ’n naam voor te stel en daarvoor te stem, het die Internasionale Astronomiese Unie in Desember 2015 aangekondig die wennaam is Thestias.[21] Thestias is die patroniem van Leda, Pollux se ma, die dogter van Thestius. Dit is gekies omdat die naam Leda toe al aan ’n asteroïde en ’n maan van Jupiter toegeken was.[22][23]
↑ 3,03,13,2Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system". CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues. 2237: 0. Bibcode:2002yCat.2237....0D.
↑Carney, Bruce W. et al. (March 2008), "Rotation and Macroturbulence in Metal-Poor Field Red Giant and Red Horizontal Branch Stars", The Astronomical Journal135 (3): 892–906, doi:10.1088/0004-6256/135/3/892, Bibcode: 2008AJ....135..892C
↑Mallik, Sushma V. (December 1999), "Lithium abundance and mass", Astronomy and Astrophysics352: 495–507, Bibcode: 1999A&A...352..495M
↑Takeda, Yoichi; Sato, Bun'ei; Murata, Daisuke (August 2008), "Stellar parameters and elemental abundances of late-G giants", Publications of the Astronomical Society of Japan60 (4): 781–802, doi:10.1093/pasj/60.4.781, Bibcode: 2008PASJ...60..781T
↑ 9,09,1Massarotti, Alessandro et al. (January 2008), "Rotational and Radial Velocities for a Sample of 761 HIPPARCOS Giants and the Role of Binarity", The Astronomical Journal135 (1): 209–231, doi:10.1088/0004-6256/135/1/209, Bibcode: 2008AJ....135..209M
↑Petit, M. (October 1990), "Catalogue des étoiles variables ou suspectes dans le voisinage du Soleil" (in French), Astronomy and Astrophysics Supplement85 (2): 971, Bibcode: 1990A&AS...85..971P.
↑"Pollux". STARS (in Engels). University of Illinois, Urbana, Illinois. 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2019. Besoek op 29 Mei 2009.
↑Perryman, M. A. C.; Lindegren, L.; Kovalevsky, J. (July 1997), "The Hipparcos Catalogue", Astronomy and Astrophysics323: L49–L52, Bibcode: 1997A&A...323L..49P