Pous Adrianus III | |
---|---|
Pontifikaat begin | 17 Mei 884 |
Pontifikaat eindig | 7 September 885 |
Voorganger | Marinus I |
Opvolger | Stefanus V |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 7 September 885 San Cesario sul Panaro (Modena), Italië |
Ander pouse genaamd Adrianus |
Sint Pous Adrianus III | |
---|---|
Gebore | Rome, Italië |
Sterfte | 7 September 885, San Cesario sul Panaro (Modena), Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Heiligverklaring | 2 Junie 1891, Rome, Koninkryk van Italië deur Pous Leo XIII |
Feesdag | 8 Julie |
Attribute | Pouslike klere |
Adrianus III was die 109de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Adrianus III is nes sy voorgangers Pous Adrianus I en Pous Adrianus II gebore in die familie van die Colonna in Rome, die seun van Benedictus. Op 17 Mei 884 volg hy Pous Marinus I op en regeer tot sy dood op 7 September 885. Hy word opgevolg deur Pous Stefanus V. Sy sterfdatum is nie met sekerheid bekend nie, maar Pous Leo XIII het dit op 7 September vasgestel. Die naam ‘Adrianus’ beteken 'inwoner van Adrië'.
Pous Adrianus III het baie kort regeer gedurende moeilike jare. Hy is dood in San Cesario sul Panaro (Modena) op reis na Worms in Duitsland. Hy was op pad na 'n ryksdag met keiser Karel III, die Dikke om Karel se opvolging te bespreek asook die steeds groeiende mag van die Sarasene.
Pous Adrianus III word vereer as 'n heilige in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 8 Julie.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Hadrianus III. |
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Marinus I |
Pous (Pontifex Maximus) 884 – 885 |
Opgevolg deur Stefanus V |