Pous Benedictus VII | |
---|---|
![]() | |
Pontifikaat begin | Oktober 974 |
Pontifikaat eindig | 10 Julie 983 |
Voorganger | Benedictus VI |
Opvolger | Johannes XIV |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 10 Julie 983 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Benedictus |
Benedictus VII was die 135ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Benedictus VII is gebore in Rome, Italië die seun van Dawid uit die adellike geslag van die Tusculum. Voor sy verkiesing was Benedictus biskop van Sutri. In Oktober 974 volg hy Pous Benedictus VI op en regeer tot sy dood op 10 Julie 983. Hy word opgevolg deur Pous Johannes XIV. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'die geseënde'.
Pous Benedictus VIII is as die keiserlike kandidaat verkies ten tye van chaos.[1] Die Teenpous Bonifatius VII was gedurende sy pontifikaat aktief en het die pous herhaaldelik bedreig. Die pous moes staatmaak op die beskerming van die keiser. Benedictus steun Otto II se sending onder die Slawiese volke en bevorder kloosterhervorming. In Maart 981 lei hy 'n sinode wat simonie bestry.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Benedictus VI |
Pous (Pontifex Maximus) 974 – 983 |
Opgevolg deur Johannes XIV |