Pous Clemens II | |
---|---|
![]() | |
Geboortenaam | Suidger von Morsleben und Hornburg |
Pontifikaat begin | 24 Desember 1046 |
Pontifikaat eindig | 9 Oktober 1047 |
Voorganger | Gregorius VI |
Opvolger | Benedictus IX |
Gebore | ± 1005 Morsleben, Duitsland |
Sterf | 9 Oktober 1047 Pesaro, Italië |
Ander pouse genaamd Clemens |
Clemens II was die 149ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Clemens II is gebore as Suidger von Morsleben und Hornburg ongeveer in 1005 in Morsleben, Duitsland, die seun van graaf Konrad von Morsleben und Hornburg en sy vrou Amulrada, dogter van graaf Erpo von Padberg. Suidger was verbonde aan die hof van keiser Hendrik III en word in 1040 biskop van Bamberg. Op 24 Desember 1046 volg hy Pous Gregorius VI op en regeer tot sy dood op 9 Oktober 1047. Hy word opgevolg deur Pous Benedictus IX. Die naam ‘Clemens’ beteken 'sagmoedige'.
Pous Clemens II is verkies op aandrang van koning Hendrik III nadat Adelbert, aartsbiskop van Hamburg-Bremen en ab Odilo van Cluny die aanstelling geweier het. Na sy verkiesing kroon hy dan ook dadelik Hendrik as keiser van die Heilige Romeinse Ryk. Daar was heelwat kritiek op sy verkiesing maar Clemens het begin om die bestuur van die kerk te verbeter, veral deur dekrete teen simonie tydens die sinode in Januarie 1047. Clemens is oorlede in Oktober 1047 in die klooster van Sint Thomas in Pesaro en begrawe in Bamberg, Duitsland. Onlangse nadoodse ondersoeke het bewys dat die pous vergiftig is met loodsuiker (Lood (II) asetaat).[1] Dit is egter nie duidelik of hy vermoor is nie omdat loodsuiker in die tyd dikwels gebruik is as geneesmiddel teen veneriese siektes en ook om wyn te versoet. Clemens is die enigste pous wat noord van die Alpe begrawe is.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Eberhard I |
Biskop van Bamberg 1040 – 1047 |
Opgevolg deur Hartwig |
Voorafgegaan deur Gregorius VI |
Pous (Pontifex Maximus) 1046 – 1047 |
Opgevolg deur Benedictus IX |