Pous Honorius II | |
---|---|
![]() | |
Geboortenaam | Lamberto Scannabecchi |
Pontifikaat begin | 21 Desember 1124 |
Pontifikaat eindig | 13 Februarie 1130 |
Voorganger | Callixtus II |
Opvolger | Celestinus II |
Gebore | ± 1060 Imola, Italië |
Sterf | 13 Februarie 1130 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Honorius |
Honorius II was die 163ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Honorius II is gebore as Lamberto Scannabecchi ongeveer in 1060 in die gehuggie Fiagnano van die dorp Casalfiumanese naby Imola, Italië.[1] Voor sy verkiesing was Lamberto eers aartsdeken van Bologna en later kardinaal-biskop van Ostia en Velletri (vanaf 1117) en pouslike legaat van Pous Callixtus II aan die hof van keiser Hendrik V (vanaf 1119). Op 21 Desember 1124 volg hy Pous Callixtus II op en regeer tot sy dood op 13 Februarie 1130. Hy word opgevolg deur Pous Celestinus II. Die naam ‘Honorius’ beteken 'eerbaar'.
By die pousverkiesings in 1124 is Teobaldo Boccadipecaora tot Pous Celestinus II verkies, maar Roberto Frangipani het die verkiesing versteur met gewapende mag en het Scannabecchi as pous uitgeroep.[2] Na 'n paar dae het Honorius bedank omdat hy nie deur geweld aan die mag wou kom nie. Die kardinale wat Celestinus gesteun het, het dit goed ontvang. Celestinus het na 'n baie kort pontifikaat bedank en Honorius is op 21 Desember 1124 regmatig tot pous verkies.
Tydens sy pontifikaat word die kloosterorde van die Norbertyne goedgekeur op 26 Februarie 1126 en ook die Orde van die Tempeliers.
Honorius het graaf Willem van Normandië in die ban gesit weens sy huwelik met die dogter van graaf Fulco van Anjou omdat sy naby familie was. Graaf Roger van Sisilië is ook in die ban gesit weens sy aansprake op dele van Italië, wat deel was van die pouslike staat.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Callixtus II |
Pous (Pontifex Maximus) 1124 – 1130 |
Opgevolg deur Celestinus II |