Pous Hormisdas | |
---|---|
Geboortenaam | Hormisdas |
Pontifikaat begin | 20 Julie 514 |
Pontifikaat eindig | 6 Augustus 523 |
Voorganger | Simmachus |
Opvolger | Johannes I |
Gebore | 450 Frosinone, Italië |
Sterf | 6 Augustus 523 Rome, Italië |
Sint Pous Hormisdas | |
---|---|
Gebore | 450, Frosinone, Italië |
Sterfte | 6 Augustus 523, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Feesdag | 6 Augustus 20 Junie in Frosinone |
Beskermheilige | Frosinone, bruidegomme en stalknegte |
Hormisdas was die 52ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Hormisdas is gebore in Frosinone, Italië. Op 20 Julie 514 volg hy Pous Simmachus op en regeer tot sy dood op 6 Augustus 523. Hy word opgevolg deur Pous Johannes I. Toe hy tot pous verkies is, was hy wewenaar en sy seun word later ook pous onder die naam Silverius. Die naam ‘Hormisdas’ verwys in ou Persies na die hoofgod van Zoroastrisme, "Ormazd".
Hormisdas versoen verskeie kerkskeurings tydens sy pontifikaat. Hy neem die groepe wat deur die skisma van Laurentius buite die kerk geplaas is, weer in die kerk op. Sy belangrikste bydrae was die oplossing van die skeuring tussen die Oosterse en die Westerse kerke. Die skeuring, wat bekend staan as die skisma van Acasius van Konstantinopel het die kerk sedert 484 verdeel. Die dogma van die monofisiete wat deur die pouse as kettery gesien is, maar deur die Oos-Romeinse keiser en die Oosters-Ortodokse kerke aanvaar is, was die grondslag vir die skeuring. In 519 slaag Hormisdas daarin om die partye te versoen.
Hormisdas word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 6 Augustus. Tadisioneel word Hormisdas afgebeeld as 'n jong man met 'n kameel. Hy is die beskermheilige van bruidegomme en stalknegte.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Hormisdas. |
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Simmachus |
Pous (Pontifex Maximus) 514 – 523 |
Opgevolg deur Johannes I |