Pous Johannes II | |
---|---|
Geboortenaam | Mercurius |
Pontifikaat begin | 2 Januarie 533 |
Pontifikaat eindig | 8 Mei 535 |
Voorganger | Bonifatius II |
Opvolger | Agapetus I |
Gebore | (Onbekend) Rome, Italië |
Sterf | 8 Mei 535 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Johannes |
Johannes II was die 56ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Johannes II was 'n Romein van geboorte met die naam Mercurius, die seun van Projectus. Hy was die eerste pous wat by sy inwyding sy naam verander het, wat later gebruiklik geword het. Die rede daarvoor was dat sy regte naam verwys het na 'n Romeinse god en dat hy nie as Pous na 'n heidense God vernoem wou wees nie. Op 2 Januarie 533 volg hy Pous Bonifatius II op en regeer tot sy dood op 8 Mei 535. Hy word opgevolg deur Pous Agapetus I. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Johannes II kry van Athalarik koning van die Oos-Gote 'n dekreet van die senaat wat simonie (die verhandel of verkoop van geestelike ampte) verbied. Dit is veroorsaak deur die omstredenheid van Pous Bonifatius II en die Teenpous Dioscurus. Die Liber Pontificalis berig dat Johannes II 'n geloofsbelydenis van Justinianus die Grote van Bisantium ontvang het.
Die skandalige owerspelige gedrag van Contumeliosus, biskop van Riez,[1] het Johannes genoodsaak om hom na 'n klooster te verban.
Pous Johannes is begrawe in die ou Sint Pieterskerk.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Bonifatius II |
Pous (Pontifex Maximus) 533 – 535 |
Opgevolg deur Agapetus I |