Pous Leo VII | |
---|---|
Pontifikaat begin | 3 Januarie 936 |
Pontifikaat eindig | 13 Julie 939 |
Voorganger | Johannes XI |
Opvolger | Stefanus VIII (IX) |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 13 Julie 939 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Leo |
Leo VII was die 126ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Leo VII is gebore Rome, Italië. Leo was waarskynlik 'n Benediktynse monnik en was voor sy verkiesing kardinaal-priester van Sint Sixtus. Op 3 Januarie 936 volg hy Pous Johannes XI op en regeer tot sy dood op 13 Julie 939. Hy word opgevolg deur Pous Stefanus VIII (IX). Die naam ‘Leo’ beteken 'leeu'.
Pous Leo VII is waarskynlik verkies op aandrang van koning Alberic II (die eerste van vyf pouse). Leo steun die hervormingsbewegings van Cluny en Subiaco. In 937 benoem hy Frederik, aartsbiskop van Mainz tot pouslike legaat in Duitsland. Hy het nie die verpligte doop van Jode in Duitsland gesteun nie, maar het nie hulle verdrywing teengestaan nie.
Leo het ab Odo van Cluny in 936,[1] gevra om as tussenganger op te tree tussen Alberic II en Hugo van die Provence, Alberic se stiefpa. Die onderhandelings was suksesvol en Hugo se dogter Alda het met Alberic getrou.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Johannes XI |
Pous (Pontifex Maximus) 936 – 939 |
Opgevolg deur Stefanus VIII (IX) |