Pous Leo VIII | |
---|---|
Pontifikaat begin | 4 Desember 963 |
Pontifikaat eindig | 26 Februarie 964 |
Voorganger | Johannes XII |
Opvolger | Benedictus V |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 1 Maart 965 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Leo |
Leo VIII was die 131ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Leo VIII is in Rome, Italië gebore as die seun van Johannes. Op 4 Desember 963 volg hy Pous Johannes XII op en regeer tot sy afsetting op 26 Februarie 964. Hy word opgevolg deur Pous Benedictus V. Die naam ‘Leo’ beteken 'leeu'.
Die termyn van Pous Leo VIII was omstrede. Eerstens word hy 'n teenpous toe die afsetting van Pous Johannes XII ongeldig verklaar is. Tweedens is hy self afgeset op 26 Februarie 964. Omrede die afsetting ongeldig verklaar is, was hy pous tot sy dood op 1 Maart 965.
Toe Leo VIII tot pous verkies is, was hy nie eers 'n priester nie. Hy is tot priester en biskop gewy binne een dag deur Sico, biskop van Ostia. Sy verkiesing was op aandrang van keiser Otto I.[1] Daar word beweer dat Leo sy eie afsetting goedgekeur het.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Johannes XII |
Pous (Pontifex Maximus) 963 – 964 |
Opgevolg deur Benedictus V |