Pous Marcellus I | |
---|---|
![]() | |
Geboortenaam | Marcellus |
Pontifikaat begin | Mei of Junie 308 |
Pontifikaat eindig | 16 Januarie 309 |
Voorganger | Marcellinus |
Opvolger | Eusebius |
Gebore | 255 Rome, Italië |
Sterf | 16 Januarie 309 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Marcellus |
Marcellus I was die 30ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Marcellus I volg Pous Marcellinus op in Mei of Junie 308 na 'n sedis vacatio van vier jaar (die langste in die geskiedenis) en regeer tot sy dood op 16 Januarie 309. Hy word opgevolg deur Pous Eusebius. Die naam ‘Marcellus’ beteken ‘gewy aan die (Romeinse) god Mars’.
Na die vervolgings van Diocletianus vind Pous Marcellus die kerk in groot wanorde. Marcellus het die kerk in Rome administratief verdeel in 25 distrikte en het 'n ouderling (presbiter) oor elkeen aangestel. Hy voer die selibaat vir priesters in. Tydens die vervolgings het baie Christene hulle geloof versaak en wou nou weer tot die kerk toegelaat word. Die kwessie van boetedoening het ernstige onmin in die kerk veroorsaak. Keiser Maxentius het die pous laat arresteer en uit Rome verban aan die einde van 308 of die begin van 309. Marcellus is dood kort nadat hy Rome verlaat het. Hy is begrawe in die katakombe van Sint Priscilla.
Pous Marcellus word as heilige vereer en sy feesdag is op 16 Januarie in die Rooms-Katolieke Kerk en op 7 Junie in die Oosters-Ortodokse Kerk. Sy relieke word bewaar onder die altaar van San Marcello al Corso in Rome.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Marcellus I. |
Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Voorafgegaan deur Marcellinus |
Biskop van Rome 308 – 309 |
Opgevolg deur Eusebius |