Pous Paschalis II | |
---|---|
Geboortenaam | Raniero di Bieda |
Pontifikaat begin | 13 Augustus 1099 |
Pontifikaat eindig | 21 Januarie 1118 |
Voorganger | Urbanus II |
Opvolger | Gelasius II |
Gebore | ± 1055 Bieda, Forli, Romagna |
Sterf | 21 Januarie 1118 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Paschalis |
Paschalis II was die 160ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Paschalis II is gebore as Raniero di Bieda ongeveer in 1055 in Bieda di Santa Sofia naby Forli in Romagna.[1] Paschalis was 'n monnik van die orde van Cluny en is deur Pous Gregorius VII aangestel as kardinaal-priester van Sint Clemens omtrent in 1076. Op 13 Augustus 1099 volg hy Pous Urbanus II op en regeer tot sy dood op 21 Januarie 1118. Hy word opgevolg deur Pous Gelasius II. Die naam ‘Paschalis’ beteken 'Oosterling'.
Pous Paschalis II het te kampe gehad met vier teenpouse gedurende sy pontifikaat, Clemens III, Theodoricus, Albertus en Silvester IV. Een van die redes was die voortdurende investituurstryd. Toe keiser Hendrik IV se seun met die steun van die pous die mag by sy pa oorneem, het Paschalis gedink die nuwe keiser Hendrik V sal meer inskiklik wees. Hendrik V het egter aan sy voorregte vasgeklou. Die pous het probeer om Hendrik se kroning as keiser te gebruik om hom te oorreed, maar Hendrik het die pous in 1111 kortstondig (ses dae) gevange geneem. Paschalis het toe maar Hendrik op sy (Hendrik s'n) voorwaardes gekroon op 13 April 1111.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Urbanus II |
Pous (Pontifex Maximus) 1099 – 1118 |
Opgevolg deur Gelasius II |