Pous Pelagius I | |
---|---|
Pontifikaat begin | 16 April 556 |
Pontifikaat eindig | 4 Maart 561 |
Voorganger | Vigilius |
Opvolger | Johannes III |
Gebore | ± 500 Rome, Italië |
Sterf | 4 Maart 561 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Pelagius |
Pelagius I was die 60ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Pelagius I is gebore in Rome, die seun van Johannes, die leier van een van die twee kerkdistrikte van daardie tyd. Op 16 April 556 volg hy Pous Vigilius op en regeer tot sy dood op 4 Maart 561. Hy word opgevolg deur Pous Johannes III. Die naam ‘Pelagius’ beteken 'van die see' in Grieks.
Pelagius was een van Pous Agapetus I se metgeselle in Bisantium en het daar gebly as pouslike gesant. In 546 was hy terug in Rome en bly daar toe Pous Vigilius na Bisantium vertrek. Hy het probeer om die Romeinse volk te help met voedsel tydens die beleg deur koning Totila van die Gote. Hoewel hy sy persoonlike fortuin daarvoor uitgegee het, het dit nie veel gehelp nie.
Na die dood van Pous Vigilius is vermoed dat Pelagius 'n hand daarin gehad het. Hy sweer egter op die Heilige Kruis en die Evangelie dat hy onskuldig is. Sy eed is aanvaar.
Hoewel hy eers 'n teenstander van keiser Justinianus I se versoeningsbeleid ten opsigte van die monofisiete was, het hy hom later daarmee vereenselwig. Dit het die pous baie ongeloofwaardig gemaak en sy opvolgers het lank probeer om die geloofwaardigheid te herstel.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Vigilius |
Pous (Pontifex Maximus) 556 – 561 |
Opgevolg deur Johannes III |