Pous Severinus | |
---|---|
![]() | |
Pontifikaat begin | 28 Mei 640 |
Pontifikaat eindig | 2 Augustus 640 |
Voorganger | Honorius I |
Opvolger | Johannes IV |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 2 Augustus 640 Rome, Italië |
Severinus was die 71ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Severinus is gebore in Rome, die seun van Abienus. Op 15 Oktober 638 drie dae na die dood van sy voorganger Pous Honorius I, word hy as Pous verkies, maar eers op 28 Mei 640 bevestig die keiser sy verkiesing. Hy regeer tot sy dood op 2 Augustus 640. Hy word opgevolg deur Pous Johannes IV. Argeoloë het Latynse geskrifte in sy graftombe gevind wat daarop dui dat Severinus 'n Jood was wat sy afkoms geheim gehou het. Die naam ‘Severinus’ is afgelei van die ou Romeinse Severo en beteken 'die ernstige'.
Die keiser van Bisantium, keiser Heraclius het aanvanklik geweier om Severinus as pous te bevestig. Hy wou hê dat Severinus die Echetis teken. Die Echetis is 'n geloofsbelydenis wat die Monotelitisme onderskryf. Monotelitisme is as kettery beskou (Severinus se voorganger Pous Honorius I is juis daaroor as ketter veroordeel deur die derde konsilie van Konstantinopel in 680). Severinus het geweier. Die keiser het hom twee jaar lank sy pontifikaat ontsê. In die tyd plunder Isacius van Ravenna onder beskerming van Heraclius, die Vatikaan. Nadat Severinus uiteindelik as pous bevestig is op 28 Mei 640, regeer hy slegs kort tot sy dood op 2 Augustus 640. Hy word opgevolg deur Pous Johannes IV wat ook deur die stryd met die Monotelitisme beïnvloed word.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Honorius I |
Pous (Pontifex Maximus) 640 – 640 |
Opgevolg deur Johannes IV |