Pous Stefanus VII (VIII) | |
---|---|
Pontifikaat begin | Desember 928 |
Pontifikaat eindig | Februarie 931 |
Voorganger | Leo VI |
Opvolger | Johannes XI |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | Februarie 931 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Stefanus |
Stefanus VII (VIII) was die 124ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Weens die statusverandering van Pous Stefanus (II), was Stefanus VII vanaf die begin van die 13de eeu tot 1961 bekend as Stefanus VIII en was hy die 125ste pous. Sien Die spesiale geval van Pous Stefanus (II) vir volle besonderhede.
Pous Stefanus VII (VIII) is gebore in Rome, Italië die seun van Theudemond. Voor sy verkiesing was hy kardinaal-priester van St. Anastasius[1]. In Desember 928 volg hy Pous Leo VI op en regeer tot sy dood in Februarie 931. Hy word opgevolg deur Pous Johannes XI. Die naam ‘Stefanus’ beteken 'gekroonde'.
Pous Stefanus VII is verkies deur die invloed van Marozia, waarskynlik om die troon tydelik te vul totdat haar seun Pous Johannes XI pous kon word.
Daar bestaan twyfel oor die wettigheid van Stefanus (en sy voorganger Leo VI) se verkiesing omdat Pous Johannes X nog gelewe het as gevangene in die Engeleburg.
Hy is moontlik vermoor[2].
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Leo VI |
Pous (Pontifex Maximus) 929 – 931 |
Opgevolg deur Johannes XI |