Prins van Wallis Tywysog Cymru | |
---|---|
William, die huidige Prins van Wallis.
| |
Geskep | 12de eeu |
Huidige houer | Prins William |
Aanspreekvorm | Koninklike Hoogheid |
Tuiste | Adelaide Cottage |
Eerste Engelse houer | Prins Eduard |
Status | In gebruik |
Webtuiste | www.princeofwales.gov.uk |
Prins van Wallis (Wallies: Tywysog Cymru) was ’n titel wat van die 12de eeu af gegee is aan prinse wat in Wallis gebore is; die term het die vroeëre gebruik van die woord koning vervang. Een van die laaste Walliese prinse, Llywelyn ap Gruffudd, is in 1282 in ’n veldslag deur koning Eduard I van Engeland verslaan. Dié se seun Eduard (wat in Caernarfon-kasteel in Wallis gebore is) is in 1301 aangewys as die eerste Engelse Prins van Wallis.
Sedert die 14de eeu word die titel gegee aan die regmatige opvolger van die Britse monarg, maar as hy dit nie kry nie, het dit geen invloed op sy aanspraak op die troon nie. Die titel word as ’n persoonlike eerbewys aan die regmatige troonopvolger gegee en is nie oorerfbaar nie; as die prins koning word, word die titel vakant en kan dit aan iemand anders toegeken word. Die titel Graaf van Chester word altyd saam met die titel Prins van Wallis toegeken. Hy het gewoonlik ook ander titels.
Die huidige Prins van Wallis is prins William, die oudste seun van die vorige titelhouer, koning Charles III. Die vrou van die prins is geregtig op die titel Prinses van Wallis. Charles se eerste vrou, Diana, het dit gebruik, maar sy tweede vrou, Camilla, het eerder die titel Hertogin van Cornwall gebruik (of van Rothesay as sy in Skotland was)[1] omdat die ander titel so algemeen met Diana verbind is. Prins William se vrou, Catherine, gebruik weer die titel.
Die Prins van Wallis is die regmatige opvolger van die Britse monarg. Geen amptelike openbare rol of verantwoordelikheid gaan saam met die titel of sy posisie as regmatige troonopvolger nie.
Die titel word net aan die regmatige opvolger (heir apparent) gegee – iemand wat nie deur enige toekomstige geboorte as eerste aanspraakmaker op die troon vervang kan word nie. Die opvolging was altyd volgens eersgeboortereg en manlike voorkeur, wat beteken die regmatige opvolger was die regerende monarg se oudste seun of as hy oorlede was, sý oudste seun, ensovoorts. As die monarg se oudste seun sonder kinders dood is, het die monarg se tweede oudste seun die titel gekry, ensovoorts. ’n Dogter van ’n regerende monarg wat die eerste aanspraakmaker op die troon was, was nooit die regmatige opvolger nie omdat sy vervang kon word as die koning in die toekoms ’n seun sou kry. Sy was die vermoedelike opvolger (heir presumptive).
Brittanje het in 2011 saam met ander lande van die Statebond die Perth-ooreenkoms onderteken wat veranderings voorstel aan die opvolgingswette, insluitende om opvolging te verander volgens eersgeboortereg ongeag geslag.[2] ’n Wet in dié verband is op 25 April 2013 in Brittanje aanvaar[3] en het op 26 Maart 2015 in werking getree[4] – in Brittanje sowel as die res van die Statebond.[5] Geen vrou het nog die titel Prinses van Wallis uit eie reg gehad nie.
Omdat die titel Prins van Wallis nie outomaties toegeken word nie, is daar tye wat daar niemand met dié titel is nie, soos tydens die bewind van koning George VI, wat geen seuns gehad het nie. Prinses Elizabeth was die vermoedelike troonopvolger en het dus nie die titel Prinses van Wallis gehad nie. Daar was ook in die eerste jare van haar bewind niemand met die titel nie; prins Charles het dit eers in 1958 op negejarige ouderdom gekry.
Persoon | Naam | Erfgenaam van | Gebore | Word regmatige opvolger | Kry titel | Nie meer Prins van Wallis | Oorlede |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eduard van Carnarvon | Eduard I | 25 April 1284 | 19 Augustus 1284 | 7 Februarie 1301[6] | 7 Julie 1307 bestyg troon as Edward II |
21 September 1327 | |
Eduard van Woodstock, die Swart Prins | Eduard III | 15 Junie 1330 | 12 Mei 1343[6] | 8 Junie 1376 oorlede | |||
Richard van Bordeaux | 6 Januarie 1367 | 8 Junie 1376 | 20 November 1376[6] | 22 Junie 1377 bestyg troon as Richard II |
14 Februarie 1400 | ||
Hendrik van Monmouth | Hendrik IV | 16 September 1387 | 30 September 1399 | 15 Oktober 1399[6] | 21 Maart 1413 bestyg troon as Hendrik V |
31 Augustus 1422 | |
Eduard van Westminster | Hendrik VI | 13 Oktober 1453 | 15 Maart 1454[6] | 11 April 1471 pa afgesit |
4 Mei 1471 oorlede | ||
Eduard van York | Eduard IV | 4 November 1470 | 11 April 1471 | 26 Junie 1471[6] | 9 April 1483 bestyg troon as Eduard V |
1483? | |
Edward van Middleham | Richard III | 1473 | 26 Junie 1483 | 24 Augustus 1483[6] | 31 Maart of 9 April 1484 oorlede | ||
Arthur Tudor | Hendrik VII | 20 September 1486 | 29 November 1489[6] | 2 April 1502 oorlede | |||
Hendrik Tudor | 28 Junie 1491 | 2 April 1502 | 18 Februarie 1504[6] | 21 April 1509 bestyg troon as Hendrik VIII |
28 Januarie 1547 | ||
Eduard Tudor | Hendrik VIII | 12 Oktober 1537 | –[6] | 28 Januarie 1547 bestyg troon as Eduard VI |
6 Julie 1553 | ||
Henry Frederick Stuart | Jakobus I | 19 Februarie 1594 | 24 Maart 1603 | 4 Junie 1610[6] | 6 November 1612 oorlede | ||
Karel Stuart | 19 November 1600 | 6 November 1612 | 4 November 1616[6] | 27 Maart 1625 bestyg troon as Karel I |
30 Januarie 1649 | ||
Karel Stuart | Karel I | 29 Mei 1630 | c. 1638–1641[6] | 30 Januarie 1649 titel afgeskaf; bestyg later (1660) troon as Karel II |
6 Februarie 1685 | ||
Jakobus Francis Eduard Stuart | Jakobus II | 10 Junie 1688 | c. 4 Julie 1688[6] | 11 Desember 1688 pa afgesit |
1 Januarie 1766 | ||
George Augustus | George I | 10 November 1683 | 1 Augustus 1714 | 27 September 1714[6] | 11 Junie 1727 bestyg troon as George II |
25 Oktober 1760 | |
Frederick Louis | George II | 1 Februarie 1707 | 11 Junie 1727 | 8 Januarie 1729[6] | 31 Maart 1751 oorlede | ||
George William Frederick | 4 Junie 1738 | 31 Maart 1751 | 20 April 1751[6] | 25 Oktober 1760 bestyg troon as George III |
29 Januarie 1820 | ||
George Augustus Frederick | George III | 12 Augustus 1762 | 19 Augustus 1762[6] | 29 Januarie 1820 bestyg troon as George IV |
26 Junie 1830 | ||
Albert Edward | Victoria | 9 November 1841 | 8 Desember 1841[6] | 22 Januarie 1901 bestyg troon as Edward VII |
6 Mei 1910 | ||
George Frederick Ernest Albert | Edward VII | 3 Junie 1865 | 22 Januarie 1901 | 9 November 1901[7] | 6 Mei 1910 bestyg troon as George V |
20 Januarie 1936 | |
Edward Albert Christian George Andrew Patrick David | George V | 23 Junie 1894 | 6 Mei 1910 | 23 Junie 1911[6] | 20 Januarie 1936 bestyg troon as Edward VIII; later (1937) Hertog van Windsor |
28 Mei 1972 | |
Charles Philip Arthur George | Elizabeth II | 14 November 1948 | 6 Februarie 1952 | 26 Julie 1958 | 8 September 2022 word koning Charles III |
Lewend | |
William Arthur Philip Louis | Charles III | 21 Junie 1982 | 8 September 2022 | 9 September 2022 | Tans | Lewend |