Prinses Louise | |
---|---|
Die Hertogin van Argyll | |
Volle naam | Louise Caroline Alberta |
Eggenoot | John Campbell, 9de Hertog van Argyll |
Titels | HKH prinses Louise, die Hertogin van Argyll HKH prinses Louise, Markiesin van Lorne HKH prinses Louise |
Huis | Sakse-Koburg en Gotha |
Vader | Albert van Sakse-Koburg en Gotha |
Moeder | Victoria van die Verenigde Koninkryk |
Gebore | 18 Maart 1848; Buckingham-paleis, Londen |
Oorlede | 3 Desember 1939; Buckingham-paleis, Londen |
Prinses Louise (Louise Caroline Alberta, ook bekend as die Markiesin van Lorne en die Hertogin van Argyll deur haar huwelik; 18 Maart 1848 – 3 Desember 1939) was die vierde dogter en sesde kind van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en Albert van Sakse-Koburg en Gotha.
Louise was ’n goeie kunstenaar en beeldhouer en verskeie van haar beeldhouwerke het behou gebly. Sy was ook ’n ondersteuner van feminisme: Sy het met Josephine Butler gekorrespondeer en Elizabeth Garrett besoek. Albei was bekende feministe.
As ongetroude dogter van haar ma was Louise tussen 1866 en 1871 ’n nie-amptelike sekretaresse vir Victoria. Ondanks teenkanting van lede van die koninklike familie het Louise verlief geraak op John, die Markies van Lorne, die erfgenaam van die Hertog van Argyll. Hulle is op 21 Maart 1871 getroud. Ondanks ’n gelukkige begin het die egpaar verwyder geraak, waarskynlik weens die feit dat hulle nie kinders gehad het nie en die koningin se beperking op hul bedrywighede.[1]
In 1878 is Lorne aangestel as goewerneur-generaal van Kanada, maar Louise was ongelukkig in dié land vanweë ’n verlange huis toe en omdat sy nie van Ottawa gehou het nie.[1] Ná koningin Victoria se dood op 22 Januarie 1901 het sy die sosiale kringe betree van haar broer, die nuwe koning, Edward VII. Louise se huwelik het gehou danksy lang tydperke van skeiding, maar die egpaar het in 1911 versoen geraak en sy is swaar getref deur die dood van haar man in 1914. Sy is op 3 Desember 1939 op 91-jarige leeftyd in Kensington-paleis dood.
ISBN 1-56700-145-9
ISBN 0-297-81179-7