Algemeen | |
---|---|
Naam | Propadieen |
IUSTC-naam | Propa-1,2-dieen[1] |
Ander name | Alleen Propadieen |
Chemiese formule | C3H4 |
Molêre massa | 40.065 g/mol |
CAS-nommer | 463-49-0 |
Voorkoms | kleurlose gas |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -136 °C |
Kookpunt | -34 °C |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Propadieen (ook net alleen genoemd) is die organiese verbinding met die formule H2C=C=CH2. Dit is die eenvoudigste alleen, dit wil sê 'n verbinding met twee aangrensende koolstof-dubbelbindings.[2] Dit word gebruik as brandstof vir gespesialiseerde sweiswerk.
Propadieen bestaan in ewewig met metielasetileen (propyn) en die mengsel word soms MAPD genoem vir metielasetileen-propadieen:
waarvoor die ewewigskonstant Keq=0,22 teen 270 °C, of Keq=0,1 teen 5 °C.
MAPD word geproduseer as 'n dikwels ongewenste neweproduk van dehidrogenering van propaan om propeen te produseer, 'n belangrike grondstof in die chemiese industrie. MAPD affekteer die katalitiese polimerisasie van propeen.[3]