Die Proslogion (Latyn: Proslogium,let. Diskoers) is 'n gebed, geskryf deur die Italiaans-gebore filosoof en teoloogAnselmus van Kantelberg in 1077-1078 om God te bewys deur sy attribute oop te lê, en sodoende te verduidelik hoe God skynbaar teenstrydige eienskappe kan besit. Die gebed word beskou as die eerste bekende filosfiese formulereing wat die ontologiese argument vir Godsbewys uiteensit.
Die oorspronklike titel vir hierdie betoog was Fides quaerens intellectum. (let. Die geloof soek na redelike insig)[1]
Die Proslogion het gemerk wat die begin van Anselmus se beroemde en hoogs omstrede ontologiese argumente vir die bestaan van God sou wees. Sy eerste en mees bekende argument kan gevind word aan die einde van hoofstuk 2, gevolg deur sy tweede argument kort daarna. Terwyl menings oor Anselmus se tweeling ontologiese argumente wyd verskil - en dit het sedert die Proslogion vir die eerste keer gekonseptualiseer is - is daar 'n algemene ooreenkoms dat die argument die mees oortuigend is vir Anselmus se beoogde gehoor, naamlik Christelike gelowiges wat 'n rasionele basis vir hul geloof in God soek.
Daar is verskeie rekonstruksies van Anselmus se eerste argument, soos Dr. Scott H. Moore se analises, byvoorbeeld:[2]
Proposisie 1: God is 'n wese waarvoor nie iets groter bedink kan word nie.
Proposisie 2: As bestaan in werklikheid groter is as bestaan in die verstand alleen, is 'n verbeelde wese wat slegs in ons verstand bestaan nie 'n "wese waarvoor nie iets groter bedink kan word nie." 'n Wese waarvoor nie iets groter bedink kan word nie, moet ook in die werklikheid bestaan, waar die versuim om dit te doen 'n mislukking sou wees om so te wees.
Gevolgtrekking: Daar moet dus 'n wese wees waarvoor nie iets groter bedink kan word nie, en ons noem dit God.
omdat dit groter is om in die werklikheid te bestaan as slegs in die verstand alleen, sal die wese waarvoor nie iets groter bedink kan word nie, bestaan in beide die verstand en die werklikheid.
Immanuel Kant het 'n filosofiese beswaar teen die Ontologiese argument gerig.
Filosoof Immanuel Kant het 'n beswaar teen die argument gegee, alhoewel dit eerder teen ontologiese argumente in die algemeen sou wees as teen Anselmus se argument spesifiek. In werklikheid is dit onduidelik of Kant, Anselmus in sy ontleding in ag geneem het, Kant se beroemde beswaar beweer dat "bestaan nie 'n predikaat is nie." Indien Kant, Anselmus se werk in sy analise oorweeg het, het hy dit beslis aan die leser oorgelaat om die toepaslikheid van die beswaar te verstaan. Een moontlike interpretasie is om te sê dat, omdat bestaan nie 'n predikaat is nie, kan dit nie beweer word dat 'n wese wat bestaan groter is as een wat nie bestaan nie; hulle sou gelyk wees.
Net soos die eerste kan Anselmus se tweede ontologiese argument op verskeie maniere geformuleer word. Viney, byvoorbeeld, gee die tweede argument as volg:[3]
"God" beteken "dit waarvoor nie iets groter bedink kan word nie."
Die idee van God is nie teenstrydig nie.
Dit wat bedink kan word as 'n nie-bestaande wese ('n kontingente wese) is nie groter as 'n wese wat nie bedink kan word as nie-bestaande nie ('n noodsaaklike wese).
Om dus aan God te dink as 'n moontlike nie-bestaande wese (as kontingent), is nie om aan die grootste denkbare wese te dink nie. Dit is 'n teenstrydigheid om te dink aan die grootste denkbare wese as nie-bestaande.
Anselmus gaan voort in Hoofstuk 11 deur te sê (waar hy God aanspreek): "U is nie net dit waarvoor iets groter bedink kan word nie word nie, maar U is 'n wese wat groter is as wat daaran gedink kan word."
Anselmus van Kantelberg, die Outeur van die ProslogionHOOFSTUK I: Aansporing van die gemoed tot die beskouing van God. Uittreksel: Psalms 27:8
Gedeelte van Hoofstuk I
...Ek vra nie, Heer, om tot U diepte deur te dring nie, want op geen wyse stel ek U diepte met my verstand gelyk nie; ek verlang net om so 'n bietjie U waarheid te verstaan, U waarheid wat my hart glo en liefhet. Ek soek ook nie daarna om te verstaan sodat ek kan glo nie; maar ek glo om te verstaan. Ook dit glo ek: 'as ek nie sou glo nie, sou ek nie verstaan nie'.[4]
Vertaling deur B.J. Engelbrecht
HOOFSTUK II: Dat God in der Waarheid bestaan
HOOFSTUK III: Dat daar nie gedink kan word, dat daar geen ding bestaan nie
HOOFSTUK IV: Hoe het die dwaas in sy hart dit gesê, wat nie gedink kan word nie
HOOFSTUK V: Dat God is wat dit ook al beter is om te wees as om nie te wees nie, en dat Hy deur homself alleen bestaan alle ander wesens maak uit niks
HOOFSTUK VI: Hoe Hy waarnemend is al is Hy nie 'n liggaam nie
HOOFSTUK VII: Hoe Hy almagtig is al kan Hy baie dinge nie doen nie
HOOFSTUK VIII: Hoe Hy genadig en onbeweeglik is
HOOFSTUK IX: Hoe die al-regverdige en uiterste regverdige Een die goddelose spaar en regverdige genade aan die goddelose betoon
HOOFSTUK X: Hoe Hy die goddelose regverdig straf en spaar
HOOFSTUK XI: Hoe 'al die weë van die Here barmhartigheid en waarheid is', en tog hoe 'die Here in al Sy weë regverdig is'
HOOFSTUK XII: Dat God die lewe is waarmee Hy lewe, en dat dieselfde geld vir soorgelyke eienskappe
HOOFSTUK XIII: Hoe Hy alleen onbeperk en ewig is, alhoewel ander geeste ook onbeperk en ewig is
HOOFSTUK XIV: Hoe en waarom God deur diegene wat Hom soek, gesien en nie gesien word nie
HOOFSTUK XV: Hoe hy groter is as wat gedink kan word
HOOFSTUK XVI: Dat dit die 'onbereikbare lig' is waarin Hy 'woon'
HOOFSTUK XVII: Dat harmonie, geurigheid, soetigheid, sagtheid en skoonheid op 'n obeskryfbare wyse in God is
HOOFSTUK XVIII: Dat daar geen dele in God is of in Sy ewigheid is wat Hy is nie
HOOFSTUK XIX: Dat Hy nie in plek of tyd is nie, maar dat alle ding in Hom is
HOOFSTUK XX: Dat Hy voor en bo alle ewige dinge is
HOOFSTUK XXI: Of dit die 'eeu van die eeu' of die 'eeue van die eeue' is
HOOFSTUK XXII: Dat Hy alleen is wie Hy is en wat Hy is
HOOFSTUK XXIII: Dat hierdie goeie goed gelyke Vader en Seun en Heilige Gees is, en dat dit die een noodsaaklike wese is wat heeltemal en geheel en al en alleen goed is
HOOFSTUK XXIV: 'n Spekulasie oor watter soort en hoe groot die goeie goed is
HOOFSTUK XXV: Watter goeie goed behoort aan diegene wat hierdie goeie goed geniet en hoe wonderlike is dit
HOOFSTUK XXVI: Of dit die 'volheid van vreugde' is wat die Here beloof
↑Logan, Ian. 2009. Reading Anselm’s Proslogion: The History of Anselm’s Arguments and its Significance Today. Burlington, VT: Ashgate Publishing. p. 85.
↑Moore, Scott H. "Proslogion." Scott Moore. Waco, TX: Bayler University. Geargiveer 12 Mei 1997. Afgehaal October 29, 2023.
↑Dowbrowski, Daniel. 2006. Rethinking the Ontological Argument: A Neoclassical Theistic Response. Ch. 1. p. 14. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-86369-8.
↑B. J. Engelbrecht (1990) “Die ‘proslogion C2-4’ Van Anselmus Van Kantelberg (1033/34-1109 Nc),” 46(4), pp. 513–527. doi: 10.4102/hts.v46i4.2343.