Prosomanna | |
---|---|
![]() | |
Prosomanna | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Klade: | Commelinids |
Orde: | Poales |
Familie: | Poaceae |
Subfamilie: | Panicoideae |
Genus: | Panicum |
Spesie: | P. miliaceum
|
Binomiale naam | |
Panicum miliaceum L.
| |
Sinonieme[1] | |
|
Prosomanna (Panicum miliaceum, familie Gramineae) is een van die meer bekende mannasoorte. Dit staan ook bekend as pluimmanna.
Pluimmanna word veral in Rusland en die Ooste gebruik. In Afrika is dit 'n belangrike broodkoring, maar in Suid-Afrika is dit hoofsaaklik voël- en hoendervoer. In Amerika en Oos-Europa word die hooi as veevoer gebruik.
Die plant word tot 1,20 m hoog, het blare van 30 cm lank en 2½ cm breed, en 'n groot pluimvormige bloeiwyse. Die sade bevat meer proteïne per gram as ander mannasoorte. Dit bevat ook meer vet en vesels as koring, rys, sorghum en ander graansoorte.
Die plant benodig min water en lewer onder goeie omstandighede baie saad en goeie hooi.