PuTTY | |
![]() | |
![]() | |
Ontwikkelaar | Simon Tatham |
---|---|
Nuutste weergawe | 0.83[1] ![]() |
Bedryfstelsel | Microsoft Windows, UNIX |
Kategorie | Terminaal-emulators |
Lisensie | MIT lisensie |
Webblad | www![]() |
PuTTY is 'n vrye telnet- en SSH-kliënt. Die sagteware stel gebruikers in staat om met 'n ander rekenaar verbind te word, meestal 'n bediener wat 'n UNIX-gebaseerde bedryfstelsel loop. PuTTY is 'n vervanging vir die verouderde terminaal (ook 'n Teletype of TTY genoem), 'n dom masjien wat voor die bekendstelling van die Persoonlike rekenaar gebruik was om met 'n bediener te koppel.
Die verbinding tussen die terminaalsagteware en die bediener verloop meestal deur die SSH-protokol wat as veilige opvolger van die verouderde telnet protokol beskou word.
PuTTY het geen installasieprogram nie, en kan gevolglik enige plek op die hardeskyf geplaas word. Die sagteware is beskikbaar vir Microsoft Windows en UNIX-tipe bedryfstelsels.
Die PuTTY-pakket bestaan uit 'n aantal programme: