Die punt (.) sluit 'n stelsin af. Dit kan ook as skryfteken by afkortings en voorletters, of as simbool by getalle en/of in rekenaarkode gebruik word. (AWS, 2017)
Bv: Die hond loop in die straat rond.
Bv: Sy het gevra wat sy naam is.
Bv: Werner eet graag perskes, appelkose, pere, appels, ens.
Die punt word nie by koerantopskrifte, paragraaftitels, tabeltitels, boektitels en koerantname gebruik nie.