Die Quadrantides is ’n meteoorreën wat elke jaar in Januarie te sien is. Die maksimum komete wat waargeneem kan word, is soms net so baie as dié van twee aktiewe reëns, die Perseïdes in Augustus en die Geminides in Desember,[4] maar Quadrantide-meteore word minder dikwels gesien omdat die hoogtepunt kort duur – soms net ’n paar uur.
Die meteore oorskry die helfte van hul maksimum getal vir net agt uur (in vergelyking met twee dae by die Perseïdes). Dit beteken die stroom stofdeeltjies wat die Quadrantides veroorsaak, is besonder smal.[5] Die moederliggaam van die meteoorreën is tentatief in 2003 deur Peter Jenniskens[6] geïdentifiseer as die kleinplaneet2003 EH1, wat op sy beurt kan verband hou met die komeet C/1490 Y1,[7] wat sowat 500 jaar gelede deur Sjinese, Japannese en Koreaanse sterrekundiges waargeneem is.
Die naam is afgelei van Quadrans Muralis, ’n voormalige sterrebeeld wat in 1795 deur die Franse sterrekundige Jérôme Lalande geskep en nou deel van die Veewagter is. Vroeg in Januarie 1825 het Antonio Brucalassi in Italië berig oor die "talle helder liggame in die lug wat bekend is as verskietende sterre".[1] Dit het gelyk of hulle uit Quadrans Muralis kom. In 1839 het Adolphe Quetelet in België en Edward C. Herrick in Amerika onafhanklik van mekaar voorgestel dat die Quadrantides ’n jaarlikse meteoorreën is.[9]
↑Millman, Peter M.; McKinley, D. W. R. (Desember 1953), "The Quadrantid Meteor Shower", Journal of the Royal Astronomical Society of Canada47: 237, Bibcode: 1953JRASC..47..237M.
↑"Quadrantid meteor shower". NASA Meteor Watch op Facebook. 26 Desember 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 29 Desember 2012.