Raasblaar | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Myrtales |
Familie: | Combretaceae |
Genus: | Combretum |
Spesie: | C. zeyheri
|
Binomiale naam | |
Combretum zeyheri Sond., 1850
| |
Sinonieme | |
|
Die raasblaar[1] (Combretum zeyheri Sond.) is 'n boom wat inheems is aan Suid-Afrika. Dit groei in die noordooste van die land. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.[2]
Hierdie bladwisselende boom word 3 – 10 m hoog en kom so ver noord as Kenia voor.[3] Die boom kom ook algemeen in die Zeerust, Swartruggens, Rustenburg en Thabazimbi gebiede voor.
Die boom is inheems in Angola, Benin, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Tanzanië, Togo, Zambië en Zimbabwe.
Die boom se FSA-nommer is 546.[4]