'n Radiosterrestelsel of radiogalaksie is 'n soort aktiewe sterrestelsel met reuse streke van radio-emissie wat ver verby die sigbare struktuur strek. Die radio-struktuur word veroorsaak deur twee strome (jets) van plasma wat in teenoorgestelde rigtings uitgestraal word vanaf die aktiewe kern van die sterrestelsel.[1] Die sterrestelsels is gewoonlik groot elliptiese sterrestelsels. By radiogolflengtes tussen 10 MHz en 100 GHz kan radiosterrestelsels 'n liggewendheid van tot 1039 W bereik.[2] Hierdie radio-emissie word veroorsaak deur die sinchrotron-proses. Radiosterrestelsels van ongeveer 0,7 megaparsek of groter word "reuse-radiosterrestelsels" genoem.[3]