Rami Malek (gebore 12 Mei 1981) is ’n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Master (2012), Short Term 12 (2013), en Need for Speed (2014), en in die televisiereeks Mr. Robot (2015). In 2019 het hy vir sy rol as Freddie Mercury in die 2018-rolprentBohemian Rhapsody ’n Oscar, Golden Globe, Screen Actors Guild Award en Bafta vir beste akteur gewen.
Ek is Egipties. Ek het as kind na Egiptiese musiek geluister. Ek was mal oor Umm Kulthum. Ek was mal oor Omar Sharif. Dit is my mense. Ek voel so wonderlik verbind aan die kultuur en die mense wat daar woon. Ek erken ek het ’n ander ondervinding, maar ek is so bekoor deur en verweef in die Egiptiese kultuur. Dit is die materiaal waarvan ek gemaak is.
Malek is op 12 Mei 1981 in Los Angeles gebore vir Egiptiese immigrantouers, Said Malek en Nelly Abdel-Malek.[2]
Hy het ook al beweer ’n agtste van sy oorsprong is Grieks-Egipties.[3][4] Sy ouers het in 1978 uit Kaïro getrek nadat sy pa, ’n toergids, geïnteresseerd geraak het in sy besoekers uit die Weste.[5] Sy pa het in Amerika versekering begin verkoop[6] en sy ma is ’n rekenmeester.[7]
Malek is in die Kopties-Ortodokse Kerk grootgemaak en het tot op vierjarige ouderdom Egiptiese Arabies by die huis gepraat.[8][9] Hy het ’n identiese tweelingbroer, ’n onderwyser,[10] en ’n ouer suster, ’n dokter.[11]
Nadat hy in 1999 skool voltooi het,[12] het hy teaterdrama aan die Universiteit van Evansville in Indiana studeer en in 2003 ’n BA-graad ontvang.[13][14]
↑Buckley, Cara (10 September 2018). "Rami Malek, Catching Mercury". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2020. Besoek op 7 Desember 2018.
↑Girdler, Brennan (September–Oktober 2012). "Local Stars". Evansville Living (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2019. Besoek op 7 Desember 2018.