Rankkopieva | |
---|---|
![]() | |
Rankkopieva | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. frutescens
|
Binomiale naam | |
Bulbine frutescens (L.) Willd., (1809)
| |
Sinonieme | |
|
Rankkopieva of balsemkopieva[1] (Bulbine frutescens) is 'n struik wat inheems in aan Suid-Afrika en wat in alle provinsies voorkom. Dit is ook inheems in Eswatini, Lesotho en Namibië.[2] Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.[3]
Die plant is meerjarig en vorm grondbedekkende polle met verdikte grasagtige blare. 'n Blomstingel met geel of oranje blomme styg bo die blare uit en maak dit 'n gunstelingplant vir tuine, wat ook in Amerika en Europa aangeplant word. Die blomme het 'n stervorm met 6 blomblaadjies. Die plant het 'n wortelstok wat dit tot 'n geofiet maak, maar dit is nie 'n bolgewas nie. Die plant kan deur sy wortelstok vermeerder word of deur sy swart saadjies wat in die wildernis deur die wind versprei word.[4] Die plant hou van vol son en kan in baie droë gebiede oorleef. Hulle oorleef ook taamlike swaar ryp. Die blare bevat 'n sap wat gebruik word om skrape, aknee, liddorings en insekbytplekke te behandel.[5]
Sy beweidingskapasiteit is gering.
EIW | SWIW | LnregWIW | |
---|---|---|---|
Weidingsindekswaarde[6] | 1 | 0.9 | 0.85 |