Reformisteparty | |
RP | |
Leier | Harry Schwarz |
---|---|
Gestig | 11 Februarie 1975 |
Ontbind | 25 Julie 1975 (versmelt met Progressiewe Party) |
Voorafgegaan deur | Verenigde Party |
Saamgesmelt met | Progressiewe Reformisteparty |
Ideologie | Liberalisme |
Die Reformisteparty was 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat net vyf maande in 1975 bestaan het.
Weens geskille binne die Verenigde Party het vier Volksraadslede onder leiding van Harry Schwarz tydens die parlementsitting van 1975 weggebreek en die Reformisteparty op 11 Februarie 1975 gestig. Die party was 'n voorstander van die verwydering van alle rassediskriminerende praktyke, regerings- en grondwetlike verandering net deur middel van die demokratiese proses en die handhawing van maatskaplike en ekonomiese geregtigheid.
Die party het op 25 Julie 1975 met die Progressiewe Party saamgesmelt onder leiding van Colin Eglin en so het die Progressiewe Reformisteparty ontstaan.