Refusenik[1] (Russies: отказник, otkaznik; van "отказ", otkaz, "weiering") was 'n nieamptelike term vir individue – gewoonlik Jode van die Sowjetunie, maar nie altyd nie – wat toestemming deur die owerhede van die Oosblok geweier is om te emigreer, veral na Israel.[2]
'n Tipiese rede wat vir die weiering aangegee is, is 'n beweerde verbintenis met Sowjetse staatsgeheime. Sommige mense is daarvan beskuldig dat hulle buitelandse spioene of moontlike oproerstokers is wat Israelse alija en die reg om na dié land terug te keer wou misbruik om straf vir dinge soos hoogverraad te ontduik.
Benewens Jode was daar ook ander kategorieë:
Die KGB het 'n aansoek om 'n emigrasievisum aangeteken, en toekomstige loopbaangeleenthede, wat byvoorbeeld vir Sowjetse Jode altyd onseker was, is so verder belemmer.[3] Sowjetse andersdenkendes en refuseniks is gewoonlik by hulle werk afgedank en verdere werk in hulle veld geweier. Die gevolg was dat hulle klein werkies moes verrig, soos strate vee, anders het tronkstraf weens "sosiale parasitisme" (werkloosheid) hulle in die gesig gestaar.[4]
Die verbod op die emigrasie van Jode na Israel is in 1971 opgehef, en dit het gelei tot 'n uittog van Jode uit die Sowjetunie in die 1970's. Michail Gorbatsjof se verkiesing tot staatshoof in die 1980's, sy beleide van glasnost en perestroika en 'n behoefte om beter betrekkinge met die Weste aan te knoop, het tot groot veranderings gelei en die meeste refuseniks is toegelaat om te emigreer.