Basters | |
---|---|
![]() | |
Totale bevolking: | 25 181 |
Belangrike bevolkings in: | Namibië |
Taal: | Afrikaans, Engels |
Geloofsoortuiging: | Christene (Protestante) |
Verwante etniese groepe: | Kleurlinge, Khoikhoi, Griekwas, Namakwas, Oorlam, Afrikaners. |
Die Basters (ook bekend as die Rehoboth-Basters, Baasters en Rehobothers) is ’n Afrikaanssprekende gemeenskap wat by Rehoboth, suid van Windhoek in Namibië, gebaseer is. Hulle is soortgelyk aan die Kleurling en Griekwagemeenskappe in Suid-Afrika
Die eerste Kaptein was Hermanus van Wyk, die ‘Moses’ van die Bastervolk, wat die gemeenskap na Rehoboth gelei het vanuit Suid-Afrika. Hy was Kaptein tot en met sy dood in 1905.[1] Na sy dood het die Basters Cornelius van Wyk gekies om hulle Kaptein te wees. Hy is egter nie amptelik erken deur die Duitse koloniale regering, of deur die Suid-Afrikaanse owerhede na hul oorname in 1915 nie.
In 1976 het die Suid-Afrikaanse regering die ‘Wet op Rehoboth-selfregering’ goedgekeur en outonomie aan die Basters gegee. In 1979 is Kaptein Hans Diergaardt gekies in ooreenstemming met die regulasies van die 1976-wet. In 1999 is John McNab as Kaptein gekies. Sedert Februarie 2007 word die Basters deur die Kapteinsraad verteenwoordig by UNPO.
In Indonesië word die mense van gemengde Nederlandse herkoms ook Blaster genoem.